Kaalvoet-netbalspelers raak dorp se hart

2017-04-13 06:00

Die kaalvoet-netbalspelers van ’n Despatch laerskool het die harte van ’n gemeenskap geraak en sosiale media is ingespan om uiteindelik aan elkeen van dié meisies ’n splinternuwe paar tekkies te gee.

Netbalspelers van Hoërskool Despatch het tydens die NMMU/SPAR-netbalkliniek die nood raakgesien toe spelers van Despatch Primêr sonder tekkies opgedaag het. Die hoërskool netbalspelers het daar en dan besluit om iets te doen. Op sosiale media en by die skool is ‘n beroep gedoen om goeie tekkies te skenk.

Die probleem is toe dat dié tekkies te groot was vir die laerskool meisies se nommer 2 tot 4-voetjies. ‘n Plaaslike kerk se uitreikspan het ingespring en 20 paar kleiner tekkies gekoop en aan die o.18-netbalspelers van die hoërskool gegee om aan die laerskool netbalspelers te oorhandig.

Die groter tekkies gaan nou vir ‘n ander plaaslike skool geskenk word waar die nood net so groot is.

Die Despatch gemeenskap wat meegehelp het om al die netbalspelervoete van tekkies te voorsien word bedank vir hulle goed- hartigheid.

Despatch se netbalspelers, van laerskool tot op klubvlak, speel opwindende netbal en dié tekkie-skenkings kan die sport net na nog ’n hoër vlak neem.

SShirly Roman het ook 14 netbalrokkies aan Despatch Primêr se netbalspan geskenk. (-Heilie Combrinck)

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.