Kanker eis bekende ‘baasbyter’ speurhond

2018-04-19 06:01
=Lenox en sy hanteerder, sersant Melissa Potgieter.                 FOTO: VERSKAF

=Lenox en sy hanteerder, sersant Melissa Potgieter. FOTO: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

LENOX, die Duitse herdershond wat vyf jaar deel was van die polisie in Uitenhage se K9-eenheid en ’n bekende by plaaslike skole was waar hy kinders waardevolle lewenslesse geleer het, is verlede Donderdag dood.

Sers. Melissa Potgieter, sy hanteerder, beskryf die 10-jarige Lenox as ’n dier met ’n “groot houding”. Sy sê Lenox was verantwoordelik vir die aankeer van een van die drie verdagtes wat in September 2017 ’n weduwee van Kirkwood ontvoer, aangerand en beroof het.

Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê Lenox was sedert Maart siek en is Donderdag in die dierehospitaal opgeneem nadat sy toestand versleg het. Hy is met kanker gediagnoseer en moes uitgesit word.

“Lenox was baie kwaai, maar lief vir sy werk. Terwyl ons na verdagtes gesoek het, sou hy begin tjank en neul tot ons hulle kry,” sê Potgieter.

“Hy het min tekens van sy kanker gewys. Ek het gedink hy word maar net ’n bietjie oud en dat dit die rede is waarom hy teen die einde so uitasem was.”

Lenox het twee van sy vorige hanteerders gebyt en daarom die bynaam “Baasbyter” gekry, sê sy.

“Hulle wou hom laat uitsit omdat hy so aggressief was, maar ek het hom in Welkom by hul K9-eenheid gaan haal.”

Drie weke later het Lenox en Potgieter saam in die veld begin werk.

“Niks het hom soveel plesier gegee as om mense te byt nie. Ons het daagliks koppe gestamp en ja, hy het my ook lelik getand! Maar ná ’n jaar het ek sy vertroue gewen en het hy my aanvaar.”

Donderdag was vir Potgieter ’n baie hartseer dag toe sy van haar getroue kollega moes afskeid neem.

“In ons vyf jaar saam het ons baie sake saam opgelos. My hart is gebreek dat hy letterlik oornag van my weggeneem is, maar ek vind troos dat ek hom ’n goeie lewe gegee het by die werk en by die huis.

“Ek kan met ’n geruste hart sê dat hy op sy oudag ’n gelukkige hond was. Rus in vrede, Lenox.” Potgieter wil graag ’n gedenksteen by die werk vir Lenox opsit.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.