Karateka (9) behaal 3de plek by wêreldkampioenskap

2018-10-11 06:00
;Ethan Bothma (9) in aksie tydens die JSKA Karate Wêreldkampioenskap in St. Petersburg, Rusland.                    Foto:VERSKAF

;Ethan Bothma (9) in aksie tydens die JSKA Karate Wêreldkampioenskap in St. Petersburg, Rusland. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE voormalige wêreldkampioen in karate, Ethan Bothma (9), het sopas teruggekeer uit Rusland waar hy in St. Petersburg aan die 9de JSKA Karate Wêreldkampioenskap deelge-neem het om sy titel te verdedig.

Karateka uit 19 internasionale lande het aan die wêreldkampioenskap deelgeneem. Ethan het teen 15 mededingers uit dié lande kragte gemeet.

Hy het ’n algehele 3de plek behaal in kumite en daarvoor met ’n bronsmedalje teruggekeer na Suid-Afrika.

Ethan is die seun van Stephan en Mornette Bothma en volgens sy ma, was dit baie moeilik en veral die aksent van die beoordelaars het die kommunikasie ietwat van ’n probleem gemaak.

Ethan is in graad 4 by Laerskool Handhaaf op Uitenhage en is ’n lid van die L&J Karate-klub op dié dorp.

Hy was die enigste in sy ouderdomsgroep van die JSKA Oos-Kaap groep wat na die wêreldkampioenskap gegaan het, wat elke tweede jaar aangebied word.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.