Kerssangdiens op Brandwag sportveld

2017-11-23 06:00
=’n Paar van Brandwag se personeellede wat reeds uitsien na die skool se eerste Kerssangdiens is, van link, Werner Benadie, Anja Roestoff en Ané Roodt.               Foto:VERSKAF

=’n Paar van Brandwag se personeellede wat reeds uitsien na die skool se eerste Kerssangdiens is, van link, Werner Benadie, Anja Roestoff en Ané Roodt. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die VCSV-tak van die Hoërskool Brandwag bied eerskomende Sondag, 26 November, vir die eerste keer ’n Kerssangdiens vir die hele gemeenskap op die skool se hoofrugbyveld aan.

Brandwag het in 2017 sy tagtigste bestaansjaar met ’n verskeidenheid aktiwiteite gevier. In Februarie het die hele skool se leerders twee weke se sweet en oefening ingesit om ’n asemrowende pawiljoenoptrede aan te bied.

Die pawiljoenoptrede het verskillende aspekte van skoollewe uitgebeeld en het ’n groot skare na die skool se hoofrugbyveld gelok.

Verder het elke leerder van Brandwag vanjaar ’n t-hemp ontvang ter viering van die skool se verjaardag, wat die leerders gereeld tydens spesifieke geleenthede kon dra.

In die tweede kwartaal het die skool se Dinamika AKTV-jeugtak ’n reusagtige yskastert gebak, waarvoor die hele skool vooraf die bestanddele ingesamel het.

Dié yskastert, wat 4 meter lank en 4 meter breed was, is, sovêr bekend, die grootste wat nog in Suid-Afrika gebak is. Dit het meer as 3 000 porsies opgelewer, waarvan die meerderheid aan liefdadigheid geskenk is.

In die derde kwartaal het leerders die skool se geskiedenis op die planke uitgebeeld met ’n sang en toneel aanbieding wat die Brandwag-storie genoem is.

In Augustus is die skoolterrein tydens die jaarlikse reünienaweek na een van Brandwag se bekendste oudskoliere, mediamagnaat Ton Vosloo, vernoem.

Sondag se diens sal die laaste van die feesvieringe wees en is ’n gepaste danksegging vir vele suksesse en hoogtepunte gedurende die jaar.

Brandwag se VCSV-tak hoop egter ook om die diens ’n jaarlikse instelling te maak vir almal in en om Uitenhage en Despatch.

Die VCSV wil graag die hele gemeenskap, oud en jonk, na die diens uitnooi.

Die idee is juis dat dit ’n massa Kerssang- diens sal wees. Dit word op die skool se hoofrugbyveld gehou, sodat daar geen tekort aan plek sal wees nie.

Die professionele span van Alida de Smidt en Ignite Ministries sal die klank behartig en die lofprysing en aanbidding lei.

Die diens begin om 18:00 en sal nie langer as ’n uur duur nie, wat beteken dat dit nog lig sal wees. Mense kan kampstoele of komberse bring om op te sit.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.