Kirkwood gholfspeler (16) na Italië

2019-08-01 06:00
=Malan Potgieter, gholfspeler van Kirkwood sit op sy hurke terwyl hy na die putjie korrel.                                           FOTO: VERSKAF

=Malan Potgieter, gholfspeler van Kirkwood sit op sy hurke terwyl hy na die putjie korrel. FOTO: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TOE hy as kleuter gholf in hul Kirkwood-tuin gespeel het, sou hy nooit kon dink dat hy eendag Suid-Afrika as tiener sou verteenwoordig nie.

Só sê Malan Potgieter (16), ’n graad 10-leerling van die Hoërskool Kirkwood, wat onlangs as een van vyf Suid- Afrikaners gekies is om aan die Reply Italian International-kampioenskap vir o.16’s deel te neem.

“Nie net is hy die enigste een van Kirkwood wat gekies is nie, hy is die enigste een uit die Oos-Kaap,” sê ’n trotse Yolanda Potgieter, Malan se ma.

Malan sien daarna uit om Italië en veral Milaan, hul kultuur en kos te verken, maar sê hy sien die meeste daarna uit om teen internasionale gholfspelers mee te ding.

“Ek het nog nie voorheen in ’n ander land gholf gespeel nie en is baie opgewonde oor die geleentheid,” sê hy.

Hoewel sy oefenroetine vir die komende byeenkoms effens van koers af is nadat hy ’n paar weke gelede met ’n gholfbal teen die vinger getref is en nou gips moet dra, glo hy daar is genoeg tyd om die nodige oefening in te kry.

Sodra sy vinger gesond is, mik hy om minstens drie of vier keer ’n week, asook Saterdae, op die Kirkwood-gholfbaan te oefen totdat hy op 30 Augustus Italië toe vertrek.

Malan ken die gholfbaan op Kirkwood reeds van kleintyd af.

Volgens Yolanda het haar seun so te sê op dié gholfbaan grootgeword.

“Sy pa, oupa en ooms speel almal gholf. Die blootstelling was daar van kindertyd af. Hy het begin deur net saam te loop en later het hy self gespeel.

“Ons is so trots op hom, dit is goed om te sien die harde werk het nou vrugte afgewerp.”

Malan onthou hoe hy in hul tuin met plastiekgholfstokke balle rond en bont geslaan het, voordat hy op die ouderdom van ses jaar lesse by ’n afrigter gekry het.

Sowat ses jaar later het Malan besef gholf is sy passie en hy het die res van sy sport opsygeskuif.

“Ek verkies gholf, maar dit is sonder twyfel die moeilikste sport wat ek al gedoen het (tussen tennis, krieket, rugby en muurbal).

“Daar is baie wat kan verkeerd gaan en dit neem baie tegniek.”

Hoewel hy hoop om eendag die titels soos Rory McIlroy – een van die wêreld se beste gholfspelers – in te ryg, fokus hy vir eers op Italië en die leergeleenthede wat dit bied.

  • Die res van die span wat Suid-Afrika van 3 tot 5 September op die kampioenskap in Biella, Italië, gaan verteenwoordig, is Yurav Premlall, Christiaan Maas, Amilkar Bhana en Nash de Klerk van Gauteng.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.