Kitching tree uit na 24 jaar by Hof van Klein Eise

2017-12-14 06:00

NA 24 jaar diens as Kommissaris van die Hof vir Klein Eise op Uitenhage het Arnold Kitching (63) dié toga neergelê.

Hy glo in die gesegde dat regverdigheid geskied vir alle partye en daarom het hy as Kommissaris ongeëwenaarde diens by die Hof vir Klein Eise gelewer.

“Dit het vir my die ge-leentheid gebied om beide partye se weergawes aan te hoor, dit teen mekaar op te weeg en om ‘n goeie besluit te neem by wyse van uitspraak.”

Kitching verduidelik dat die Klein Eise Hof basies ‘n informele hof is waar ‘n persoon hof toe kan gaan sonder regsverteenwoor-diging.

“So, jy kom met jou eie saak hof toe al is dit taamlik gebrekkig in jou eie sin. Jy gee jou saak weer aan die Kommissaris en so ook die verweerder. Die Kommissaris luister, help en vul aan waar hy kan en dan word ‘n beslissing geneem.

“Wat belangrik is, is dat die persone voel hulle is regverdig behandel, jy as Kommissaris het jou beste gedoen en die uitkoms is die beste onder omstandighede.”

Kitching sê litigasie is sy voorkeur in die bedryf.

“Ek vertrou dat almal wat voor my verskyn het, eiser sowel as verweerder, in die afgelope 24 jaar weet dat hulle saak regverdig beoordeel was.

“Ek het ‘n passie vir reg en geregtigheid en doen landdroshof, streekshof en hooggeregshof litigasie.

“As ‘n mens hof toe gaan en jy litigeer, moet jy kennis neem wat die ander party sê, want dan sien jy die gebreke in jou eie kliënt se saak en is dit makliker om die saak te bestuur,” sê Kitching.

Hy praktiseer in die regsfirma wat sy pa, Joseph Kitching, ‘n voormalige burgemeester van Uitenhage, in 1947 begin het. Die firma is vanjaar 70 jaar oud en is een van die oudste en mees gerespekteerde regsfirmas in Nelson Mandelabaai.

“Om 70 jaar in die regsbedryf te wees beteken jou beginsels is reg. Daar is mense wat dink jy kan praktiseer sonder integriteit, maar die ‘word of mouth’ op Uitenhage is blitsvinnig. As jy ‘n voet verkeerd sit word jy ge- etiketeer en is dit die einde van jou storie!”

Sedert 1995 het die broers Arnold en Eben Kitching die firma as Kitching Prokureurs bedryf en in 2002 nadat Eben na Nieu Zealand geëmigreer het, het Arnold die firma na nuwe hoogtes ge- lei saam met direkteure Toinette Hoffman en Almero Kritzinger.

“Dinge het heeltemal verander sedert ek as jong prokureur hier begin het. Om te prakti-seer moes ‘n mens baie navorsing doen in boeke en biblioteke. Nou met die elektroniese era sit jy in jou kantoor en navorsing doen en daar is baie meer inligting onmiddelik tot jou beskikking. Meeste van die leergebinde boeke hier is nou basies mooi muurversierings,” sê Kitching.

Kitchings Prokureurs is ook lid van ‘n elektroniese biblioteek waar navorsing, inligting en dokumentasie gedoen word. Hulle spog met van die beste rekenaarsisteme en progamme in die plaaslike regsbedryf.

Van uit- of aftree is daar geen sprake by Arnold Kitching nie. “Ek hoop om hier te bly tot ek 70 is, daarna sal ek as konsultant vir die firma optree. Ek hou van my werk, dit is uiters bevredigend en dit gee my satisfaksie om die jonges in die bedryf van hulp te wees.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.