Klere benodig vir projek

2019-07-25 06:01
=Monique Gerber met van die klere wat reeds geskenk is.           Foto:VERSKAF

=Monique Gerber met van die klere wat reeds geskenk is. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SAKKE vol klere, komberse en kos wat deur die publiek geskenk is vir ’n winterprojek, het op ’n yskoue aand honderde behoeftiges se lewens bietjie beter gemaak.

“Ons het gegee met die hoop dat dié haweloses besef daar is mense wat vir hulle omgee,” sê Monique Gerber, verkoopsverteenwoordiger by Toyota Automark Uitenhage.

Sy het einde Junie die projek as ’n Toyota aspirant-Knight aangepak om kos, klere en komberse aan haweloses op Despatch en Uitenhage uit te deel.

“Dankie, dankie, dankie! Ek was oorweldig deur die publiek se reaksie en het nie besef dat daar so baie mense is wat regtig wil gee nie. Hulle wil ’n verskil help maak en wil weet dat dit wat hulle skenk, gaan reguit na mense wat dit broodnodig het,” sê Monique.

“Dankie ook aan al die plaaslike besighede wat kontant geskenk en gevra het dat ons moet gaan koop wat nodig is.”

Met al die skenkings is daar is drie potte sop gekook, 227 pakkies brood gemaak, 75 komberse en klere uit 25 bokse is uitgedeel.

“Ek het gedink dit gaan ’n klein projek wees, maar dit het ’n hengse een geword. Ons het so baie ontvang dat ons nou nog drie instansies kan help.”

Die drie nuwe projekte is vir skenkings aan die Groenbossies plakkerskamp, Oosterland Jeugsentrum op Despatch en Uitenhage Provinsiale Hospitaal se kraam- en pediatriese afdelings.

“Vir dié drie instansies het ons nog klere nodig, veral vir kinders en babas, as-ook duvet-oortreksels, baba-kombersies en gordyne vir die jeugsentrum.”

Groot dankie vir ondersteuning aan die projek gaan aan die Despatch polisie-sektor, Atlas, Dewald Oelofse en die Automark-span.

“Niks hiervan gaan oor my nie. Alles gaan oor mense wat hulp en hoop nodig het,” sê Monique.

Die plan is om die skenkings in die eerste week van Augustus uit te deel.

  • Om skenkings te maak bel Monique by 083 393 6069 of gee die skenkings af by Algoa Toyota Automark in Caledonstraat, Uitenhage.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.