Kleuterland vier 40ste bestaansjaar

2019-02-21 06:00
=Danita Ferreira, skoolhoof van Kleuterland Bewaarskool op Despatch. Dié bewaarskool se  40ste jaar word hierdie naweek gevier.                    Foto:HEILIE COMBRINCK

=Danita Ferreira, skoolhoof van Kleuterland Bewaarskool op Despatch. Dié bewaarskool se 40ste jaar word hierdie naweek gevier. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KLEUTERLAND Bewaarskool, een van die oudste bewaarskole in die Nelson Mandela-metropool, se 40ste bestaansjaar word hierdie naweek op Despatch gevier.

Die bewaarskool is in 1979 gestig deur Despatch se NG-kerke met die doel om werkende ouers te help met die versorging van hulle kleuters. Na 40 jaar is die skool steeds ’n gewilde plek waarheen kinders vir voorskoolse onderrig en nasorg gestuur word.

Skoolhoof Danita Ferreira wat sedert 1999 by dié bewaarskool is sê: “Daar is baie kind-ers wat nou hier is wie se ouers ’n paar dekades gelede ook hier by Kleuterland was.”

Kleuterland sien om na babas vanaf 3 maande tot en met 5-jarige kinders wat ge-reed is om na graad RR te gaan.

“Ons wenresep is omdat ons glo aan liefde en aandag aan elke kind. Hier is speel baie belangrik. Kinders sit nie heeldag in die klas nie, hulle klim en klouter,” sê Ferreira.

Kleuterland het ook sy eie skoollied wat op die wysie van die Liewe Heksie-liedjie gesing word.

Alle oud-Kleuterlanders word uitgenooi om die naweek saam te kuier.

Kleuterland makietie

Vrydag:

Kleuterland se 40ste bestaansjaar-vieringe begin môre met ’n konsert by NGK Eendrag-kerksaal.

Saterdag:

Om 09:00 word ’n pret-rit vanaf die parkeerarea oorkant Despatch Superspar gehou na die skool. Vanaf 10:00 word ’n basaar by die bewaarskool by Smithstraat 20 gehou. Daar sal stalletjies wees sowel as ’n speelarea vir die kinders.

’n Bring-en-braai en dans begin om 18:00 by Kleuterland.

Sondag:

Erediens om 09:00 by NGK Eendrag met ’n piekniek na afloop van die diens.

  • Vir meer inligting bel Danita Ferreira by 041 933 5119.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.