KLIMAATSVERANDERING: Sitrusboere moet uit hul gemaksone

2019-08-15 06:00

TIEN jaar terug is klimaatverandering deur talle nog as ’n samesweringsteorie afgemaak. Vandag word daar nie eers meer gepraat oor “as” dit sou gebeur nie, daar word eerder gevra “wat gaan ons doen?”

Om haar bogenoemde stelling te staaf, het dr. Zelda Bijzet van die Landbounavorsingraad (LNR), Oos-Kaapse boere tydens ’n inligtingsdag by die Addo Navorsingstasie oor die impak van klimaatverandering op sitrusproduksie in die Sondagsriviervallei, asook oor die moontlikheid van subtropiese gewasproduksie in die Oos- Kaap, toegespreek.

“In sommige plekke loop die bloeisels al uit – die bome is verward. Sommige streke is nie meer geskik vir sitrus nie.”

Benewens warmer en meer onvoorspelbare klimaat-toestande is gronderosie ook kommerwekkend, het dr. Bijzet bygevoeg.

“Die toediening van chemiese stowwe soos kunsmis en plaagdoders het die grond feitlik leweloos gemaak wat tot gevolg het dat die grond sy bindings- en waterdravermoë verloor. Dus spoel die bolaag tydens goeie reënbuie weg.”

Volgens haar is daar reeds talle boere wat die nie-ploeg opsie volg en hul grond verryk deur die toediening van organiese kompos, bemesting en plantmateriaal-deklae.

Peste en plae sal volgens Bijzet ook ’n toe- nemende kopsorg te midde van klimaatverandering word, gevolglik sal boere hul bespuitings-programme moet aanpas. Dié en ander aanpas-sings is nie net vir die oorlewing van die boer noodsaaklik nie, maar ook vir ’n stabiele ekonomie.

“Volume-gewys voer Suid-Afrika, na Spanje en Turkye, die derde meeste vars sitrus uit. Dié uitvoere dra 14,8 miljoen by tot die bruto binnelandse produk en is ’n reuse werkverskaffer. Nie net hoër temperature nie, maar ook wisselende reënvalpatrone én al hoe minder reënval bedreig sitrusverbouing,” aldus dr. Bijzet.

Dr. Bijzet het die klimaatprojeksies (2015-2090), wat gedoen is om die potensiële verandering in die vereiste klimaat- toestande vir die verbouing van verskillende sitrussoorte in Suid-Afrika te bepaal, met die boere gedeel.

Dit skep ’n neerdrukkende prentjie van verminderde potensiaal vir verbouing, vernaam as grondtoestande ook in ag geneem word.

“Elke sitrus-spesie in Suid-Afrika, asook die ge-skikte verbouingsgebiede, sal binne die volgende 75 jaar geraak word.”

Dr. Bijzet het bygevoeg dat besproeiings- water in die toekoms nie as ’n noodwendige gegewe beskou kan word nie. Watergehalte kan ook ’n toenemend groter kwessie word.

Die besproeiingswater vir die sitrusboorde van die Sondagsriviervallei kom via die Darlingtondam van die Gariep.

“Die watergehalte van die Darlingtondam is reeds swak. Dit is baie sout. Wat gaan gebeur as dit nie in hierdie dam of die Gariepdam se opvangsgebiede reën nie?”

Die huidige navorsing dui daarop dat impak van klimaatverandering binne die 15 jaar van 2015 tot 2030 die felste in Suid-Afrika se noorde-like gebiede sal wees.

“Die grootste impak sal dus op Valencia- en pomelo produksie wees, wat tans 56% van alle sitrus-aanplantings uitmaak.”

Een moontlike oplossing om klimaatverandering die hoof te bied, is om ’n stabiele kultivar te kweek, het dr. Bijzet, ’n plantteler by die LNR, bygevoeg. “Een wat ’n voorspelbare opbrengs kan lewer en nie op en af in produksie is nie.”

Maar ’n geskikte plant is slegs deel van die aanpassings-opsies, het Bijzet gesê, die grond waarin die sitrusboom geplant word, speel net so ’n belangrike rol.

“Óf grondherstel moet sodanig wees dat mikrobes weer ryklik voorkom, óf dit mag nodig wees om bome in die toekoms in potte – wat dus ’n beheerbare omgewing bied – te plant.”

Die mensefaktor is die derde, en ewe belangrike faktor, het dr. Bijzet beklemtoon. “Klimaatverandering veroorsaak dat alles wat jy as boer geweet het, nie meer van toepassing is nie. Boere moet uit hul gemaksone tree en hulself herleer en leer om aan te pas by die onafwendbare klimaatverandering.”

Ten slotte het sy die boere aangemoedig om aan te klop by die LNR vir hulp.

“ Vroeër het ’n boer my gevra hoekom ek hulle al hierdie dinge vertel, want ’n boer kan enigiets bestuur,” het sy glimlaggend gesê, “ek weet dit is só, maar ons wil help waar ons kan.”

, Dr Zelda Bijzet kan gekontak word by 013 753 7048 / 083 280 3498 of per e-pos by zeldab@arc.agric.za

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.