Klokke lui na meisie (7) se laaste behandeling

2018-03-22 06:01
=Anske le Roux (7) het verlede week, na 26 maande, haar laaste kankerbehandeling gehad. Dit is gevier met onder andere die gebruik om ’n klokkie te lui. Al verskil is dat Anske ook die skoolklok en kerkklok gelui het. Hier is sy saam met haar familie (van links) JG le Roux, Jan-Botha, Anske en Denise.                                       Foto:VERSKAF

=Anske le Roux (7) het verlede week, na 26 maande, haar laaste kankerbehandeling gehad. Dit is gevier met onder andere die gebruik om ’n klokkie te lui. Al verskil is dat Anske ook die skoolklok en kerkklok gelui het. Hier is sy saam met haar familie (van links) JG le Roux, Jan-Botha, Anske en Denise. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TWEE jaar en twee maande gelede is die Le Roux-gesin van Uitenhage se lewe totaal omgekeer toe hul dogter Anske (7) met akute limfoblastiese leukemie gediagnoseer is.

Nou, 26 maande later, het Anske haar laaste kankerbehandeling gekry en opnuut die lewe gevier. Dit is tradisie vir kankerpasiënte om na die laaste behandeling ’n klokkie te lui.

Anske het nie teruggehou nie. Sy het laat waai met die klokke ... by die skool het sy die klok gelui en ook by die kerk. Soveel so dat inwoners van oral oor Uitenhage verlede Sondag kon hoor dié kerkklokke lui uitsonderlik jubelend.

Anske se ma, Denise le Roux het gesê verlede week was ‘n besonderse emosionele week vir haar en haar man JG.

“Vir my is dit moeilik, ek moet nou weer leer om te ontspan, om nie vir alles te keer nie, om nie ‘n oorbeskermende moederhen te wees nie. Ek moet leer om weer asem te haal en my eie mens te wees. My kind is gesond en sy leef!

“Woorde wat ons gedra en wat ons ontvang het is: Geloof, Hoop, Liefde, Dankbaarheid en Gebed.”

Denise sê Anske het die einde van haar behandeling maklik gevat, “want vir haar is dit fun, geen meer pille of medisyne nie.”

Anske is die dag voor haar 5de verjaardag met leukemie gediagnoseer. Sy is kort daarna per spesiale vliegtuig na die Rooi Kruis- hospitaal in Wynberg, Kaapstad vir haar kankerbehandeling.

Op Anske se Facebook-blad het Denise gesê dat hulle vir Anske gesê het dat hulle vir haar die grootste partytjie moontlik gaan hou wanneer sy klaar is met behandeling.

En so was dit ook.

Vir twee weke het Denise 1 320 kolwyntjies gebak vir dié viering van lewe!

“Dit was my manier om afskeidneem. Ek het gehuil en gelag en gedink en gebid terwyl ek hulle bak. Die eerste 100 wou ek self versier, maar het ‘n klomp vriendinne op bystand gehad wat gehelp het met die res van die versierwerk en verpakking”.

Verlede Vrydag is Anske se partytjie by Laerskool Handhaaf, Levyvale Pre-Primêr en Huppelkind gehou. Sy het ook 26 ballonne die lug ingelaat (vir die 26 maande wat sy kankerbehandeling gekry het) én sy het die skool-klok met oorgawe laat lui!

Anske het ook gaan kolwyntjies uitdeel by Ampath, waar haar bloed oor die 26 maande getrek is; ook by Dr. Jordaan se spreekkamer waar sy gediagnoseer is met leukemia.

Kolwyntjies was ook deel van verlede Sondag se kerkgebeure by NGK Uitenhage-Noord. So-ook die gelui van die kerkklokke!

“Daai mense ken van bid. Ek wens ek kon dankie sê vir elke persoon wat vir haar gebid het, maar ek hoop ek kan vir my min woorde vergoed met ‘n cupcake.

“Daar is so baie mense vir wie ek ‘n cupcake wil gee maar ek dink nie ek kan soveel bak nie! As ek iemand uitgelaat het, kom haal asseblief ‘n cupcake.

Dankie. Van ‘n onco-mamma.”

-HEILIE COMBRINCK

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.