Koerantman ‘Oom Arries’ tree af ná 36 jaar

2016-03-10 06:00
<George Arries (64) verkoop al vir 36 jaar koerante in Uitenhage, maar dié reis kom vandeesweek tot ’n einde.  Foto: THEO JEPTHA

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

As jy op Uitenhage woon en jou hande op vandag se uitgawe van Die Burger wil lê, gaan na Kerkstraat voor die UD Nuus kantoor: George Arries sal beslis ’n eksemplaar vir jou hê.

Dit mag ook dalk net die laaste keer wees, want ná 36 jaar as koerantverkoper, kom Arries se “koerantreis” vandeesweek tot ’n einde.

Arries, van Timothy Valley in die Baai, verkoop Die Burger (destyds Oosterlig) sedert 1970, vandat hy net 19 jaar oud was.

Hy doen dit wel nou effens stadiger, maar op 64 beweeg hy steeds “vlugvoetig” deur die verkeer om seker te maak dat alle lesers hul nuus betyds kry.

“As mens oud word, doen jy dinge bietjie moeiliker,” het hy gesê.

“Ek geniet my werk vreeslik, maar my bene is nou nie meer so sterk soos ’n paar jaar gelede nie. Dis tyd om af te tree.”

Voordat hy koerante verkoop het, was hy ’n visserman. As hy vandag egter tussen dié twee jobs moet kies, kies hy oor en oor sy reis met dié dagblad.

“Ek onthou my eerste dag op die job asof dit gister was. ’n Woensdag. Ek kan net nie mooi onthou hoeveel koerante ek verkoop het nie. Die ouderdom darem,” het hy gespot. “Om koerante te verkoop, was maar die beste keuse.”

Of daar ’n voorbladberig was wat hom altyd sal bybly, het hy geantwoord: “Daar was nou nie eintlik tyd om self die koerant te lees nie. Vir my het dit gegaan om maar net elke dag die nuus aan die mense te kon verkoop.

“Dis veral die glimlagte wat my klante op my moeë gesig kon plaas wat my sal bybly. Vir nou moet ek rus en na my gesondheid kyk.”

Lance Jordaan, ’n inwoner van Uitenhage, is een van dié klante wat Oom Arries, soos hy bekend is, op die hoek van Kerkstraat sal mis.

“Oom Arries is maar nou een van daardie mense wat jou dag maak, al is hy ’n stillerige mens. Dis sy persoonlikheid wat jou aantrek. Ek haal my hoed vir hom af wat op dié hoë ouderdom nog bereid was om op te staan, uit te gaan en geld te verdien,” het Jordaan gesê.

Vir Clive Adams, Arries se toesighouer, is dit sy stil, maar hardwerkende geaardheid wat respek afdwing.

“Ek laai Oom Arries elke oggend op en neem hom en 17 ander koerantverkopers na Uitenhage waar hy sy koerante verkoop. Hy is een van daardie mense wat altyd bereid is om te werk – of dit reën en of die son nou skyn. Die jongklomp kan ’n ding of twee van hom leer.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.