Kolskoot vir Tiere se boogskuts

2019-01-31 06:21
=Tiere se uitblinker boogskuts, Ruan Strydom, Zander Grassman en Janeke Grassman.                          Foto:VERSKAF

=Tiere se uitblinker boogskuts, Ruan Strydom, Zander Grassman en Janeke Grassman. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

BOOGSKUTS van HTS Daniel Pienaar het uitstekend gevaar tydens die Kwagga Boogskietklub Ope kompetisie.

In die afdeling vir hoërskool meisies het Janeke Grassman ‘n bronsmedalje vir 3D skiet gewen. Haar telling was 269/300.

Sy het ook ‘n bronsmedalje vir 2D (bull’s eye) met ‘n telling van 278/300 gewen.

In die afdeling vir hoërskool seuns het Ruan Strydom ‘n silwer medalje in die 2D (bull’s eye) gewen.

Hy het ook ‘n persoonlik beste van 287/300 punte aangeteken.

Zander Grassman se akkuraatheid het hom, in dieselfde afdeling as Strydom, ‘n goue medalje vir 3D skiet laat wen.

Sy telling was 282/300. In die 2D (bull’s eye) het Grassman met ‘n telling van 290/300 geskitter en is hy met ‘n goue medalje beloon.

Albei Grassman se tellings was persoonlike bestes.

Hy word met dié prestasies aangewys as die beste seunskut van die kompetisie.

Die volgende boogskietkompetisie is op 16 Februarie in Port Alfred.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.