Konferensie wil vroue ‘nuwe hoop’ bied

2018-04-26 06:01
Mariska de BruynPhoto:

Mariska de BruynPhoto:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

In die gebroke samelewing wat al meer van ’n mens eis, moet vroue hul plek volstaan, maar soveel vroue het seer in hul lewens en moet dapper wees ter wille van hulle gesinne.

’n Vrouekonferensie word op Despatch aangebied om vroue weer nuwe moed en krag te gee.

“Dit is al ’n geruime tyd wat die Here met my praat oor seer en stukkende vroue. Vroue wat agter maskers skuil, vroue wat voel alles is ‘dood’ binne in hulle. Daarom wil ons met hierdie konferensie weer hoop bring vir vroue,” sê Sonja Spies, ’n organiseerder van die konferensie.

Die Talitha Cumi Vrouekonferensie word Saterdag, 5 Mei vanaf 09:00 tot 16:00 by AGS Lighuis, De Langestraat 1, op Despatch aangebied. Die gassprekers is Mariska de Bruyn en Charmaine Janse van Rensburg.

Janse van Rensburg is van Lede in Christus, Kabegapark waar sy leier is van die intersessie en profetiese bediening. Sy het ’n hart vir gebroke mense en sal gesels oor “Gekraakte Kruike - hoe die Here gekraakte kruike gebruik om Sy lig te laat deurskyn”.

De Bruyn is ’n pastoorsvrou van George en sal gesels oor stil geboorte en hoe daar aflegging in jou lewe moet plaasvind voor nuwe lewe en oorwinning intree.

Kaartjies na die vrouekonferensie is R50/persoon en sluit ’n ligte maaltyd in.

  • Vir meer inligting bel Sonja Spies by 083 658 4000 of Madelyne 082 326 2089.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.