Korona trek ‘Doring van Despatch’ plat

2020-04-02 06:01
Oud-Springbokrugbyspeler Danie Gerber, ook bekend as die Doring van Despatch, is positief getoets vir die korona-virus.          Foto:HEILIE COMBRINCK (argief)

Oud-Springbokrugbyspeler Danie Gerber, ook bekend as die Doring van Despatch, is positief getoets vir die korona-virus. Foto:HEILIE COMBRINCK (argief)

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VIER lede van die 1981-Springbokspan het glo positief vir Covid-19 getoets.

Dit kom nadat van die spanlede op 20 en 21 Maart ’n reünie-naweek en Legends-gholftoernooi in Jan Kempdorp in die Noord- Kaap bygewoon het.

Nog van die groeplede wat die naweek se geleentheid bygewoon het, het hulself vir die koronavirus getoets.

Die legendariese Danie Gerber (61), ook bekend as die Doring van Despatch, is die eerste een van die span wat positief getoets het. Hy en sy dogter, Elanie, wat ook die virus het, sterk in isolasie by hul huis in Port Elizabeth aan.

Volgens Elanie het hy verlede week op Dinsdagoggend begin kla oor ’n seer lyf en die volgende dag het hy begin koorsig voel.

“Teen Donderdagoggend het hy geweet iets is nie reg nie. Sy kop was seer, sy lyf was seer en hy het koors gehad en hy en my ma het besluit om dokter toe te gaan,” sê Elanie wat in Kaapstad woon, maar besluit het om die drie weke van inperking by haar ouers in die Baai deur te bring.

“My pa is nie kritiek of in die hospitaal nie. Hy wil graag ’n positiewe boodskap uitstuur en wil hê almal moet in hul huise bly en gehoor gee aan wat nou van ons verwag word.

“Dit kan met enigiemand gebeur,” sê Elanie.

Sy sê dit gaan reeds beter met haar pa, maar hulle is steeds baie besorg omdat hy ’n paar jaar gelede ‘n driedubbele hartomlei-ding gehad het.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.