Korrupsie gaan nou gepak word

2017-08-17 06:03
=Lance Grootboom, ACDP-raadslid aan die stuur van die komitee oor munisipale openbare rekeninge, en Athol Trollip, burgemeester, spreek die media toe.Foto: ROSLYN BAATJIES

=Lance Grootboom, ACDP-raadslid aan die stuur van die komitee oor munisipale openbare rekeninge, en Athol Trollip, burgemeester, spreek die media toe.Foto: ROSLYN BAATJIES

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die bevindings van ’n forensiese verslag wat reeds in 2010 opgestel is, gaan nou in die Nelson Mandelabaai-metro opgevolg word.

Die Kabuso-verslag is reeds sewe jaar gelede aan die destydse metroraad oorhandig.

Die verslag is opgestel ná ’n forensiese ondersoek na beweerde onreëlmatighede met die verhuring van munisipale geboue en beweerde wanbestuur van munisipale vakansieoorde.

Athol Trollip, burgemeester, het op ’n mediakonferensie gesê dat die munisipaliteit net ses van die kwessies in die verslag gaan ondersoek.

“Dit help nie om verslae te hê wat onder die mat gevee word nie. Dit is openbare geld wat betrokke is en die oorde wat wanbestuur is, behoort aan die mense van Nelson Mandelabaai.

“Diegene wat verantwoordelik is vir wanpraktyke, moet aanspreeklikheid aanvaar. Hierdie verslag is al te lank weggepak,” het Trollip gesê.

Volgens hom het hy op 8 Augustus vanjaar ’n brief aan die stadsbestuurder, Johann Mett­ler, geskryf en die punte gelys wat verder ondersoek moet word.

Die kwessies onder die loep sluit onder meer in die betaling vir 2 000 geoutomatiseerde meterlesers wat nooit aan die munisipaliteit gelewer is nie, agterstallige eiendomsbelasting van die Beachview-oord en die verbreking van ooreenkomste deur instansies wat die Van Stadensriviermond-oord en die Willows-vakansieoord bestuur.

“In my brief aan die stadsbestuurder het ek gevra dat die uitvoerende direktorate wat vir elkeen van die punte verantwoordelik was ’n regsmening daaroor moet inwin en dit aan die munisipale komitee oor openbare rekeninge (MPAC) moet voorlê vir ’n besluit.

“Die erns van korrupsie vervaag nie met tyd nie en ons glo dat die gelyste punte in her-oënskou geneem moet word.”

Volgens hom was daar – luidens notules van raadsvergaderings ten tyde van die openbaarmaking van die Kabuso-verslag – streng opinies van raadslede.

“Ons wil alles nou finaliseer.

“Nadat die MPAC die regsmenings oorweeg het en ’n aanbeveling doen oor strafregtelike vervolgingsmoontlikhede, sal die raad ’n besluit neem.

“Daar moet aanspreeklikheid wees. Ons kan nie net ons arms vou en ’n ooreenkoms beëindig sonder gevolge nie.”

Lance Grootboom, ACDP-raadslid aan die stuur van die MPAC, het bygevoeg dat dié proses binne twee of drie maande voltooi sal wees.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.