Kraakvars tuisgebakte koekies vir Kerstyd

2017-10-19 06:01
Photo:

Photo:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Koekies is gewilde lekkernye in vakansies en selfs oulike geskenke vir die Kerstyd.

In die kombuis van Drostdy Werkplek is bakkers reeds volstoom aan die werk om te voorsien in die vraag na hulle kleinkoekies vir die komende Kersvakansie.

Dié koekie-bakkery is Drostdy Werkplek se grootste fondsinsameling van die jaar en hulle is daarvan afhanklik om hul deure oop te hou.

Vanjaar is daar 8 verskillende soorte kleinkoekies en dit word aangebied teen R60 per kilogram. Verpakking is in 1kg of 2kg houers. Daar is ook ’n opsie om gemengde koekies in dié verpakkings te bestel.

Die soorte koekies is: outydse soetkoekies, gemmerkoekies, vlakoekies, koffiekoekies, klapperkoekies, Promises (konfyt-vulsel), krakertjies en Romany Creams.

Dié werkplek bied aan verstandelik ge-stremdes ’n heenkome waar hulle op ’n daag-likse basis konstruktief besig gehou word. Hulle doen breiwerk, naaldwerk sowel as houtwerk.

Die kombuis word bedryf om ’n inkomste vir die werkplek te genereer deur die bak van brode en koekies.

Bestelvorms vir die kleinkoekies is reeds in die omloop en die spertyd vir bestellings is Vrydag, 27 Oktober.

  • Vir bestellings van koekies bel Drostdy Werkplek weeksdae tussen 08:00 en 14:00 by 041 992 4195.

(-HEILIE COMBRINCK)

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.