Kragdiefstal kos metro miljoene

2016-06-02 06:00
Die Nelson Mandelabaai-metro verloor R21 miljoen per maand weens kragdiefstal en omdat hy nie sy eie onderneming nakom om elektrisiteitsmeters te verskaf nie. Die kabels op die foto is van onwettige kragverbindings in die Walmer-township wat in 2014 geknip is. Foto: DEON FERREIRA

Die Nelson Mandelabaai-metro verloor R21 miljoen per maand weens kragdiefstal en omdat hy nie sy eie onderneming nakom om elektrisiteitsmeters te verskaf nie. Die kabels op die foto is van onwettige kragverbindings in die Walmer-township wat in 2014 geknip is. Foto: DEON FERREIRA

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Nelson Mandelabaai-metro sou meer as R200 miljoen ryker gewees het indien hy by sy eie ooreenkoms gehou het om 5 000 elektrisiteitsmeters per maand te installeer.

Dié inligting is vervat in ’n verslag van Amat, ’n maatskappy wat die metro help om elektrisiteitsverliese te verminder.

In die verslag wat by die metro se komitee vir infrastruktuur, energie en ingenieurswese ter tafel gelê is, sê Amat die munisipaliteit verloor elke maand sowat R21 miljoen aan kragdiefstal.

Volgens Amat is dit 18 miljoen kWh elektrisiteit per maand die afgelope jaar waarvoor die metro nie rekenskap kan gee nie.

Ingevolge die kontrak met Amat wat in Desember onderteken is, het die metro onderneem om 5 000 meters per maand te verskaf. Van die 25 000 meters wat sedert Desember verskaf moes word, het net 350 die lig gesien.

Die aankondiging deur Amat kom te midde van ’n verwagte styging van 7,64% in die metro se prys van elektrisiteit op 1 Julie.

Dié verhoging en ook ander hoër tariewe vir basiese dienste is op die sakelys by ’n volle raadsvergadering.

Die voorgestelde verhogings waaroor die raad moet stem, sluit in: eiendomsbelasting (9,5%), water (9%), sanitasie (9%) en vullisverwydering (9%).

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.