Kruisrivier een groot asblik vir dié oortreders

2016-06-16 06:00
=Motoronderdele, elektriese kabels is maar ’n paar van die items wat hier in ’n stuk oop veld in Bellstraat in die Kruisriviergebied aan die buitewyke van Uitenhage gestort word.

=Motoronderdele, elektriese kabels is maar ’n paar van die items wat hier in ’n stuk oop veld in Bellstraat in die Kruisriviergebied aan die buitewyke van Uitenhage gestort word.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die bordjies wat morsjorse moet afskrik, is beskikbaar, maar daar is glo nie geld vir sement om dit op te rig nie, vertel ’n inwoner van Kruisrivier wat ontsteld is oor onwettige storting in dié gebied.

“Ek sukkel nou al baie lank met die munisipaliteit om bordjies of iets op te sit, maar elke keer hoor ek daar is nie geld nie” sê Jean Ott (59) wat ’n herwinningsmaatskappy in die gebied net buite Uitenhage het.

Ott vertel hoe geskok hy was toe hy op drie onwettige stortingsterreine afgekom het nadat hy oorlaaide bakkies en vragmotors gevolg het. Hy het al ’n geruime tyd dié swaargelaaide voertuie verby sy besigheidsperseel sien ry, net om leeg terug te kom.

Mediese afval (waaronder spuitnaalde en buise vir binneaarse voeding of medikasie), motorolie, ou motoronderdele en stukkende televisies is maar ’n paar van die items waarop Ott afgekom het.

Hy het dié terreine gaan wys. Dit was nogal iets om die “rommelberg,’ saamgestel uit items soos plastiek, trekkerbande, motoronderdele, selfs motordeure, aan die einde van Fitzpatrickstraat te sien.

Net ’n paar strate verder – in Bellstraat – neem nog ’n ‘rommelberg’ gestalte aan. ’n Groot deel van die rommel bestaan uit versnipperde plastiek.

’n Dik stroom motorolie loop by ’n stofstraat af in ’n ander onwettige stortingsplek in die Kruisrivier-gebied. Ott is verstom oor die onwettige storting. “Dit is mense wat nie bereid is om te betaal vir die wettige manier om hiervan ontslae te raak nie.”

As eienaar van UD Waste die afgelope 12 jaar, weet Ott dat dié onwettige rommelstorting gedoen word deur mense wat hul ‘kleingeld oneties tel.’

“Besighede wil nie die hoë pryse betaal nie en kry iemand wat dit teen helfte van die prys sal doen, min wetende dat hulle dit net op ’n ander plek stort,” het Ott gesê.

“Dit kos ongeveer R600 om ’n 210L oliedrom op die regte manier te herwin. Dit kan net deur een maatskappy, Enviroserv, in die Baai gedoen word en ek gee daai sertifikaat vir my kliënte.”

Ott het dit ook benadruk dat gevaarlike afval soos onder meer olie en mediese afval glad nie op enige stortingsterrein gestort mag word nie.

Mthubanzi Mniki, munisipale woordvoerder het twee dae nadat hy om kommentaar genader is, gesê hy wag nog vir terugvoering van die geskikte departement.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Sport
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Hip Cape Town bars to discover this summer
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.