Kruisstappers maak reg vir tog

2019-01-31 06:21
=Dié kruisstappers vat een van die dae weer die pad. Van links is Nadia Basson, Adri Basson, JP Botha, Rudy Smith, Jimmy Ferreira, Shannon Cockcroft, Ronel Bothma en pastoor Marius Swanepoel. Voor is Heinrich Basson (links) en die jongste stapper, Katelyn Bothma (7).                            Foto:HEILIE COMBRINCK

=Dié kruisstappers vat een van die dae weer die pad. Van links is Nadia Basson, Adri Basson, JP Botha, Rudy Smith, Jimmy Ferreira, Shannon Cockcroft, Ronel Bothma en pastoor Marius Swanepoel. Voor is Heinrich Basson (links) en die jongste stapper, Katelyn Bothma (7). Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE groep stappers wat ’n reuse houtkruis van 2.3 meter lank, met ’n wiel aan die voorpunt, op paaie in die Oos-Kaap stoot, beplan om vanjaar ’n hele paar projekte aan te pak.

Eerste op die lys is ’n roete deur Thornhill, Gamtoosvallei en Jeffreysbaai, waarna hulle na die Mighty Men konferensie gaan wat van 8 tot 10 Maart buite dié kusdorp gehou word.

“Die roete is nie so ver nie, maar die impak wat dié houtkruis met elke evangelie-staptog op mense se lewens het, is verrykend,” sê Heinrich Basson, ’n Uitenhage brandweerman en kruisstapper.

“Ons het in 4 jaar se tyd al so 1 800 kilometer agter die rug met dié kruis en baie lewensveranderende ervarings en ongelooflike getuienisse op dié togte beleef.”

Dié projek staan bekend as 352 Walk for Jesus en was die inisiatief van pastoor Marius Swanepoel van VEK Ebenhaezer op Uitenhage, in samewerking met Basson, wie die 22kg sware kruis gemaak het.

“Die eerste wiel is gedaan gestoot. Hierdie een is besig om nou lekker glad te raak, maar hoe gladder hoe makliker stoot die houtkruis.

“Ons is 10 manne wat in aflos-spanne stap en vanjaar stap daar ook vroue saam met ons. Die jongste stapper is 7-jaar oud, klein Katelyn Bothma.”

Op hierdie staptogte word daar Bybels aan gemeenskappe uitge-deel. ’n Beroep word op die publiek gedoen om ’n fondsinsameling te ondersteun om klein Bybeltjies aan te skaf.

Die Gideons sowel as die Bybelgenootskap ondersteun dié kruisstaptogte. As deel van fondsin-smelingprojekte is daar klein plastiek-pilhouertjies waarin R2 en R5 muntstukke presies pas. As die publiek die R2 houertjie vul kan een Bybel daarmee gekoop word en as die R5 houertjie gevul word kan twee Bybels gekoop word. Dié houertjies is by Basson beskikbaar.

“Ons het al so 2 000 Bybels in die 4 jaar uitgegee. Dit was moontlik danksy privaat donateurs se ondersteuning.”

Een van die vroue wat vanjaar deel is van die groep, Ronel Bothma sê, “As jy die kruis vat gebeur daar iets met ’n mens. Dit is nie ’n maklike gelykpad nie, die bulte maak jou gedaan, maar jy wil nie die kruis neersit nie. Dit is asof jou gebede krag kry. Dit maak regtig ’n verskil, ek het dit beleef!”

Basson sê dit is ’n taai uitdaging, maar hou jou nederig.

“Ons is soos donkies vir Jesus, dit gaan nie oor ons nie, in nederigheid wil ons dat die mense die simbool van die oplossing vir soveel l ewenskrisisse sien,” sê Basson.

Die kruisstappers se volgende missie is om plaasgemeenskappe te bedien en dan om ’n reuse kruis by Rooihoogte op te rig.

  • Om pilhouertjies te vul vir Bybel-donasies bel Heinrich Basson 076 383 6578. by of Adri Basson 071 855 8265.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.