Kuier langer en eet meer by Blou Ballon

2019-02-28 06:01
=By Blou Ballon is die kuierure nou langer en daar is meer op die spyskaart om van te kies. Gaan loer gerus daar in.      Foto:VERSKAF

=By Blou Ballon is die kuierure nou langer en daar is meer op die spyskaart om van te kies. Gaan loer gerus daar in. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

BLOU BALLON se restaurantkonsep is twee jaar gelede na Despatch gebring as ’n plek waarheen mense kan ontsnap uit die malle-gejaag en gesellig kuier en lekker eet!

Na ’n onlangse meningspeiling op sosiale media oor die moontlikheid van langer han-delsure en nog meer om van te kies op die reeds veelsydige spyskaart, was dit duidelik, dié kuierplek is geliefd.

Die Blou Ballon-volk het gepraat en daar is geluister! Daarom gaan Blou Ballon nou reeds vanaf 08:30 soggens oop wees.

Ontbyt: pure plaas

Ontbyt word nou daagliks bedien met tuisgebakte brode, dikker boerewors, tuisgemaakte konfyte en ’n lekker dik speksnit. Boonop kan Blou Ballon-kliënte hul gunsteling broodjie huistoe neem.

Koffie & koek uit die boek

Blou Ballon se reeds bestaande Mastertons Koffiekroeg word uitgebrei met die lekkerste koek en tert van die dag. Innoverende fyngebak gaan ook daardie vinnige opvang koffiekuiers sommer nog lekkerder maak. Geroosterde toebroodjies kan ook met die tuisgebakte brode bestel word.

Kroegetes

Na ’n rowwe dag by die werk, kan manne en vroue nou wegglip vir ’n blaaskans en iets vanaf Blou Ballon se nuwe kroegete-spyskaart geniet. Dié etes word tot vroegaand aangebied vir diegene wat na werk gou ’n biefstuk, eier en skyfies wil geniet.

Eet soveel jy wil

In Maart is daar lekker verrassings met ’n kinkel. Blou Ballon-promosies gaan kliënte uitdaag om te eet soveel as wat hulle wil teen ’n spotgoedkoop prys.

Boetiekbier

By Blou Ballon is daar altyd iets anders. Hulle bring geselekteerde handelsmerke, wat nie maklik in die omgewing verkry word nie. Hier kan jy handelsmerke raakloop soos Mastertons koffie, Jakkalsvlei wyne, Toni Glass Company gegeurde tonic en ystee.

Die wen-boetiekbier, Robsons, (craft beer) al die pad van Ballito af, is nou by Blou Ballon be-skikbaar.

  • Blou Ballon is by Bothastraat 38 op Despatch en is elke Maandag tot Saterdag vanaf 08:30 tot baie laat oop vir kuier.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.