‘Kul jou hier, kul jou daar ‘ op Despatch

2019-02-21 06:01
<Jannie de Bruin en sy bruikspraakpop, Tommie Thompson, is Saterdag, 2 Maart om 18:30 vir 19:00 te sien in die Ernest Swanepoelsaal op Despatch.                                         Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

WIE ken nie vir Tommie Thompson nie? Dié bekendste pratende pop wat so styf sit teen die sy van die legendariese buikspreker en kul-kunstenaar Jannie de Bruin!

En dan sluk dié buikspreker nog ’n swaard ook ... definitief iets om te sien!

De Bruin en sy Tommie sowel as Jackie Jackson “pratende poppe” is op Saterdag, 2 Maart om 18:30 vir 19:00 by die Ernest Swanepoelsaal op Despatch te sien.

“Huisgenoot het x-strale laat neem terwyl Jannie die swaard sluk, so dit is nie ’n klug nie,” sê Eugene “Proppie” Barnard, organiseerder van die vertoning.

“Die vertoning is uit-en-uit vir die kinders, maar ek weet ’n hele paar volwassenes wat vir Tommie onthou, gaan ook wil kom kyk hoe gaan dit nou met hom.”

De Bruin was 20 jaar laas op Despatch.

Hy en sy poppe tree sedert 1961 op en was deel van verskeie bekende konsertgeselskappe sowel as tele-visie-reekse.

De Bruin en sy vrou, Zurika, behou saam die rekord as die egpaar wat vir die langste aaneenlopende tyd, 18 jaar, die amptelike Suid- Afrikaanse kulkuns-kampioene is.

Maar voor die gehoor aan Tommie se lippe gaan hang, sal die Silwersnare Boeremusiek-orkes eers sorg vir ’n paar gewilde treffers. Dié orkes gaan vir 30 minute die gehoor vermaak.

Die Silwersnare se “Warm Patat” vastrap is tans no. 7 op Luister!FM se ranglys.

NGK De Mist met ds. Christo Stümke sal sorg vir die aand se verversings, terwyl ’n gedeelte van die kaartjieverkope se fondse aan NGK Retief op Despatch gaan.

De Bruin gaan op Vrydag, 1 Maart met Tommie en Jackie ’n draai maak by Laerskool Winterberg om daar met die kinders te gaan gesels.

Kaartjies vir Jannie de Bruin se vertoning is R40/kind, R40/pensionarisse en R80/volwassene en is beskikbaar by Despatch Deli en by Daniels Service Station in Mosel op Uitenhage of by die deure.

  • Vir meer inligting oor die vertoning bel Eugene Barnard by 084 016 6843.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.