Kyk uit vir dié opgezoepte ou karre!

2019-09-12 06:01
Opgezoepte karre pak die naweek ’n uitdagende Jam Jar Rally Drag 2019 roete aan na Somerset-Oos en Steytlerville. Hier is Niekie Dorfling en sy span in hul 1984 Mercedes Benz tydens verlede jaar se uitdaging. Hul neem vanjaar weer deel en vertrek môre om 07:30 uit die Baai. Foto:HEILIE COMBRINCK

Opgezoepte karre pak die naweek ’n uitdagende Jam Jar Rally Drag 2019 roete aan na Somerset-Oos en Steytlerville. Hier is Niekie Dorfling en sy span in hul 1984 Mercedes Benz tydens verlede jaar se uitdaging. Hul neem vanjaar weer deel en vertrek môre om 07:30 uit die Baai. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

OPGEZOEPTE karre gaan dié naweek die koppe laat draai en monde laat oopval wanneer die Jam Jar Rally Drag 2019 se deelnemers deur die strate van Somerset-Oos en Steytlerville ry.

Vier reëls geld vir dié uitdaging: die kar moet ouer as 30 jaar wees; die waarde daarvan minder as R30 000; dit moet opgezoep wees met niks gewoons nie en slegs vier manne per span. Natuurlik moet al dié karre padwaardig en wettig op die pad wees.

Die Jam Jar gaan nie oor hoë kilometer per uur kook-’n-tekkie spoed nie, maar oor byt-in-die-stof-spanwerk, onvergeetlike belewenisse, avontuur en ’n vrag liefdadigheid in die kattebak (onder meer twee kinderfietse).

Manne met hul karre kom môre vanaf 06:30 by Something Good in die Baai bymekaar waar hulle die roete-aanduidings gaan kry om teen 07:30 die pad te vat.

Wen is nie ’n motief nie, maar kameraderie en om die roete klaar te maak. Daarom word daar oral langs die pad gestop om uitdagings aan te pak.

Vanjaar se tema is “Drag” en daarom is mankinis op die inpaklys!

Vier Uitenhagers pak vanjaar die Jam Jar aan in hulle 1984 Mercedes Benz 200, wat in ’n Camel Trophy Edition Merc-Rover omskep is. Dié kar het meer as 260 000km op die klok en die manne het dit vir R10 000 in die Baai gekoop.

Die span bestaan uit Niekie Dorf-ling, Johann Pottas, Ryno van Biljon en Renier Nel.

Om die Mercedes op Jam Jar-standaard te kry het hulle die suspensie kwaai gelig, ’n dakrak wat eens ’n hoenderhok was opgesit, ’n bielie van ’n bosbreker voor op die neus aangebring, so-ook sterk kolligte en tipiese Land Rover straalbreker- kabels op die neus.

Die Jam Jar-karre kom môre in Somerset-Oos aan en vertrek Saterdag via Wolwefontein na Steytlerville en keer Sondag vanaf die Royal Hotel in dié dorp weer terug na Something Good in die Baai.

Reëls vir jam jar

. Die kar moet ouer as 30 jaar wees

. Dit moet opgezoep wees met niks gewoons

. Die waarde van die kar moet minder as R30 000 wees

. Slegs vier manne per span

. Die kar moet padwaardig en wettig op die pad wees

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.