‘Lapland luiperd-slagter’ gesoek

2019-07-11 06:00
;Dié foto van twee mans wat met ’n dooie luiperd pronk het verlede week op sosiale media die ronde gedoen.    Foto:facebook

;Dié foto van twee mans wat met ’n dooie luiperd pronk het verlede week op sosiale media die ronde gedoen. Foto:facebook

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Lapland se “luiperd-slagter” kan binnekort in hegtenis geneem word.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê die polisie het verlede week inligting ontvang dat ’n persoon ’n lewende luiperd in ’n huis aanhou. Toe polisiebeamptes van Uitenhage by die verdagte se huis in Tiryville toegeslaan het, was die man glo besig om ’n vars luiperdvel oor ’n grensmuur te hang.

Die man het die polisie gewaar, laat spaander en is steeds soek.

“Die polisiebeamptes het gesien hoe ’n man die luiperdvel oor ’n grensmuur hang. Die vel was vars. Die luiperd se karkas is nie in die huis gevind nie,” sê Nkohli.

Benewens die luiperdvel het die polisie in dieselfde huis ook op die kop van ’n bobbejaan afgekom. Daar is op die luiperdvel en op die bobbejaankop beslag gelê. ’n Klag van ’n oortreding van die Wet op Natuur- en Omgewingsbewaring (die jag en of doodmaak van beskermde wilde diere) word ondersoek.

Ncedo Lisani, woordvoerder van die provinsiale departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme, het bevestig dat die dossier nou in hul besit is.

“Die ondersoek is aan die gang en in ’n baie sensitiewe stadium. Ons verwag om iemand binnekort in hegtenis te neem,” sê Lisani.

Die polisie se verklaring oor die luiperd kom nadat twee mans van Uitenhage met ’n foto van hulself en ’n dooie luiperd op sosiale media gepronk het.

Die onderskrif by die foto lui:

Vandg gevang in lapland.”

Dit is nog onduidelik of die luiperd in dié foto die een is wat glo lewend in die huis opgemerk is.

“Die luiperd kom na wat verneem word van die Groendal-natuurreservaat, wat aan Lapland grens.

Dr. Paul Martin, ’n omgewingskenner, sê die nuus oor die luiperd se dood is hartseer, veral omdat dit ’n beskermende en bedreigde spesie is. Dit beteken dat geen luiperd in Suid-Afrika gejag mag word nie. Hy bevestig dat luiperds in die Groendal-omgewing en al die pad tot in die Baviaanskloof voorkom.

“Luiperds is skaam diere wat kontak met mense vermy. Hulle sal nie sommer mense aanval nie, tensy hulle in ’n hoek gedruk word. Die luiperd was dalk op soek na kos. Daar is duikers en dassies in die Groendal- gebied,” het Martin gesê.

Deirdre Swift van die Dierebeskermingsvereniging in Uitenhage sê hulle is bewus van die voorval, maar wou haar nie uitlaat oor besonderhede nie omdat die saak ondersoek word.

  • Enigeen met inligting bel speur-inspekteur Mario van der Westhuizen 079 896 7363, of SMS na Robert Stegmann 082 860 0943 of Dayalan Govender 071 674 9710 van die direktoraat omgewingswetstoepassing.

Inligting sal vertroulik hanteer word.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.