Leerder se eerste boek reg vir druk

2019-08-08 06:01
Anthony Mostert, ’n graad 12 leerder van HTS Daniel Pienaar, het sy eerste bundel kortverhale geskryf.  Foto:HEILIE COMBRINCK

Anthony Mostert, ’n graad 12 leerder van HTS Daniel Pienaar, het sy eerste bundel kortverhale geskryf. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE verbeeldingryke kinderverhale van Roald Dahl was die groot inspirasie vir Anthony Mostert, ’n gr. 12-leerder by HTS Daniel Pienaar, om te begin skryf. Nou is hy in die proses om sy eerste bundel kortverhale uit te gee.

“Dit is fiksie en die bundel bestaan uit ses kortverhale. Ek het eers in Afrikaans begin skryf, maar toe het dit nie so lekker uitgewerk nie en toe begin ek in Engels skryf,” sê Anthony oor sy boek The World of Fiction.

Dié naam is ook die titel van een van die kortverhale waarin hy vertel hoe dit gebeur het dat hy met sy skryf van fiksie begin het.

Die idee om te skryf het in Anthony se kop begin draai nadat hy Roald Dahl se George’s Marvelous Medicine gelees het. In dié boek gaan dit oor die avonture van George en sy poging om ’n kuur te ontwikkel wat sy ouma in ’n aangenamer mens sal verander.

“Juffrou McCay se gesigsuitdrukkings terwyl sy die boek vir ons in die klas voorgelees het, het my laat dink dat ek ook sulke stories wil skryf. Dit is fiksie, maar sy het haar so ingeleef in die boek asof dit regte gebeure is,” sê Anthony.

“Die middag toe ek huis toe gaan het ek dadelik met my eerste poging begin. Dit het vir my boring geklink, maar toe ’n vriend dit lees was sy reaksie die teenoorgestelde. Hy het gesê my karakters word waar in die storie.

“Toe begin ek die skrywery geniet en het my kortverhale die een na die ander begin afspeel in my kop.”

Anthony se boek is tans by BK Publishers in Pretoria en is reg vir die druk van vyftig eksemplare sodra hy sy betaling doen. Illustrasies by die kortverhale is deur die uitgewer gedoen.

“Dit kos ons R21 000 maar ge-lukkig het ek ’n borg gekry waar-oor ek baie dankbaar is. Roselane Kerk gaan my help met die fonds-insameling om die koste te help dek.”

Die skryfgene het hy by sy oorlede oupa geërf, wat net so lief vir skryf was, maar hy het nooit sy skryfwerk gepubliseer nie.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.