Leerders mis 51 dae skool weens toilette

2018-02-01 06:00
=Daniel Grootboom, voorsitter van die Despatch Primêre Skool se beheerraad by die skool se droeë waterkrane.     Foto:VERSKAF

=Daniel Grootboom, voorsitter van die Despatch Primêre Skool se beheerraad by die skool se droeë waterkrane. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Leerders van Despatch Primêre Skool het verlede jaar 51 skooldae gemis omdat daar op dié dae geen watertoevoer na die skool en se toiletgeriewe was nie.

Omdat dit n groot higiëniese gevaar skep, moet die kinders huis toe gestuur word sodra die pype droog raak.

Dis nou al sewe jaar dat die skool met watertoevoerprobleme sukkel, sê Danny Jacobs, skoolhoof van Despatch Primêre Skool in Reservoir Hills.

“Ons was vir sewe jaar ordentlik en bly rapporteer deur al die regte munisipale kanale, maar dit val op dowe ore. Dit is ’n munisipale probleem wat nie opgelos word nie. Elke keer as daar ’n nuwe raadslid is, moet ons van vooraf verduidelik en vra vir hulp met die watervoorsiening, dan gebeur daar weer niks.

“Met ingang 2017 het ons begin boekhou van die waterlose dae. Nou het ons bewyse dat leerders 51 skooldae verloor het weens dié watertekort wat die gebruik van toiletgeriewe affekteer.”

Volgens Jacobs is dit nie net Despatch Primêr wat geraak word deur die watertekort nie, maar ook die kliniek, kerke en Reservoir Hills gemeenskap.

“Die probleem is vermoedelik by Reservoir Hills se groot opgaartenk wat nie behoorlik volgepomp word nie, want die ander drie kleiner opgaartenks word eerste volgemaak.

“Loodgieters se aanbevelings sê die hoogste en grootste opgaartenk moet eers volgemaak word en dan die res – dit sal die toevoerprobleem uitskakel,” sê Jacobs.

Die skool se periodieke watertekorte veroorsaak ook ‘n geweldige stank, sê Jacobs

Oor die sewe jaar watertekort-tydperk is leerders versoek om drinkwater skooltoe te bring. Onderwysers is gevra om water te bring vir die toilette.

“Die probleem is dat die gemeenskap waaruit die leerders kom ook nie water het nie. Dié gemeenskap is moeg en gatvol om die woord nou sommer reguit te gebruik,” sê Jacobs.

Daniel Grootboom, voorsitter van Despatch Primêr se beheerraad sê, “Ek is raadop, die kinders het vandag (Maandag) wéér vroeg huistoe gegaan. Ons is nie mense wat tyres brand nie. Ons is nie lus vir sulke goed nie, maar wat moet ons doen, want niks word van die munisipaliteit se kant af gedoen nie.

“Graad 1s begin hulle skoolloopbaan met die een ontwrigting na die ander. Dit is ’n onreg teenoor hulle,” sê Grootboom.

Munisipale woordvoerder Mthubanzi Mniki sê toevoer na die Despatch opgaartenk word geaffekteer weens die herstelwerk van twee groot waterlekke in toevoerpype. Alternatiewe toevoer met handkrane word gebruik en daarom die wisseling in watertoe-voer. Waterwaens is uitgestuur vir hulp.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.