Legendariese haarkappe sê ‘koebaai’

2019-10-10 06:00
Despatch se legendariese haarkapper, Leoni Blignaut van Salon Marisa, wat op 87-jarige ouderdom steeds vroue se hare doen.               foto:HEILIE COMBRINCK

Despatch se legendariese haarkapper, Leoni Blignaut van Salon Marisa, wat op 87-jarige ouderdom steeds vroue se hare doen. foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE land se mooiste haarsprokie kom uit Despatch én ... dit is ’n ware verhaal!

Die hoofkarakter is Leoni Blignaut (87), die afgelope 64 jaar die eienaar van Salon Marisa in die hoofstraat van dié dorp. Almal ken dié opgeruimde, positiewe en humoristiese haarkapper, Despatch se eerste, oudste en stééds aktiewe haarkapper

“Toe ek jare gelede die salon hier oopgemaak het, was dit die eerste salon op die dorp en toe was die hoofstraat nog ’n grondpad.”

Leoni se oudste kliënt is Helen Vermeulen (88) wat sedert Salon Marisa se beginjare steeds klokslag Saterdae vir haar haarafspraak opdaag.

“Die meeste van my kliënte is al daar bo. Die ouderdom het hulle kom haal. Ek dink húlle dink: Wat het Leoni gesondig dat sy nie hier is nie?” sê sy met ’n breë glimlag.

Maar Leoni gaan dit ’n bietjie rustiger vat. Aan die einde van hierdie maand gee sy Salon Marisa, heel waarskynlik een van die oudste haarkappersalonne in die land, oor aan ’n nuwe eienaar.

Leoni onthou die beginjare: “Toe ek die salon begin het, wou ek nie my eie naam op die vertoonvenster laat verf nie, want ek het gedink ek sal nie lank in die bedryf bly nie.”

Toe vernoem sy die salon na die eertydse beeldskone Italiaanse aktrise Marisa Allasio, wat saam met Mario Lanza in die rolprent Seven Hills of Rome gespeel het.

Haar dogter Jenny, wat al die afgelope 30 jaar as ontvangsdame van Salon Marisa uithelp, sê haar ma het deur al die jare altyd ander se belange vooropgestel.

“Deur al die jare het sy altyd eers haar werkers betaal en al haar verpligtinge nagekom voordat sy na haar persoonlike behoeftes omgesien het.”

Leoni glimlag. “This is my whole life. In hierdie salon het ek begin werk en dit is hier waar ek gaan ophou werk. Dis ook hier waar ek my drie dogters grootgemaak het.

“Jy weet, laat ek dit só sê ... I do this for the love of it. It is much more rewarding than money.”

Leoni is al douvoordag in haar salon want sy is ’n selferkende roetineverslaafde. Die lekker van gesels met mense is wat haar passie dryf.

“Ek het nie moeilike kliënte nie. Dit is net party wat se hare moeilik is. Soos jy ouer word, verander jou hare want jou hormone verander en party vroue drink pille vir skete en dit affekteer ook die hare,” sê Leoni.

Sy doen nog permanente golwings, maar sy bly weg van van kleur met foelie.

“O genade ek is te stadig daarvoor. Teen die tyd wat ek halfpad op ’n kop is, het die eerste hare al klaar die kleur gevat.

“Nee wat ... gee my maar eerder die kappie om hare deur te trek, dit kan ek nog goed doen.”

Esther, haar ander dogter, lag en sê, “My ma is dalk nou stadig, maar vroeër jare was ma haastig. Selfs by ’n verkeerslig was sy altyd reg vir ’n dice en het die kar ge-rev!”

Leoni sê daar is nêrens mense soos die Despatch-mense nie.

“Ek hou van Despatch se mense, they really care. Hulle is anders as al die ander dorpe se mense. Wag, Jansenville se mense ook, they are the friendliest people and are always smiling.”

Alhoewel haar hart oorloop van liefde vir dié plattelandse dorpies, beplan sy om by haar dogter Jenny op Jeffreysbaai te gaan bly. Daar is egter nie sprake van stilsit nie.

“Ons sal daar uitvind van ’n plek waar ek mense se hare kan doen. Perms en so-aan, ek ken nie iets anders as om ’n haarkapper te wees nie.”

Maar, sy is baie hartseer om Salon Marisa, wat tot nou toe haar hele bestaan was te verlaat. Veral ook om haar twee staatmaker regterhande, Kleintjie en Rachel, te groet.

I hope whoever takes over here, will do it with the same love and care that I have for this place.”

2019

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.