Liefde + speel = bewaarskool wenresep

2019-02-14 06:01
=Danita Ferreira met van Kleuterland Bewaarskool se kleuters.      Foto:HEILIE COMBRINCK

=Danita Ferreira met van Kleuterland Bewaarskool se kleuters. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Kleuterland Bewaarskool is vanjaar 40 jaar oud en ’n makietie-naweek propvol aktiwi-teite is beplan vir 22 tot 24 Februarie.

“Baie van die kinders wat nou hier is se ouers was ’n paar dekades terug ook hier by Kleuterland,” sê Danita Ferreira, skoolhoof van Kleuterland Bewaarskool op Despatch.

Die skool se eerste inskrywings was 2 kleu- ters en 3 babas en aan die einde van 1979 was daar 47 kinders. Van die heel eerste kleuters sluit in Terrence Davis Taylor, Werner Els, Abrie Korf, Arno Mienie, Wesley Schultz, Tanya Serfontein, Theaan le Roux, Gerhard Momberg, Kenneth Botha en Bonita Snyman.

Sedert die bewaarskool se begin, het 5 180 ge- sinne hul kleuters hier ingeskryf. Huidiglik is daar 28 kleuters in die bewaarskool wie se pa’s of ma’s ook daar was.

Die bewaarskool is gestig deur Despatch se NG-kerke met die doel om werkende ouers te help. Jean Engelbrecht was sedert 1980 skoolhoof by Kleuterland en Danita Ferreira het in 1999 oorgeneem. Weens ’n toename in kleutergetalle was die bewaarskool genoodsaak om sy perseel te vergroot om tot 215 kinders te kan akkommodeer.

Liefde is die wenresep

Danieta sê die wenresep van Kleuterland, om na 40 jaar steeds ’n gewilde keuse onder ouers te wees, is “omdat ons glo aan liefde en aandag aan elke kind. Hier is speel baie belangrik, kinders sit nie heeldag in die klas nie, hulle klim en klouter!

“Dissipline is noodsaaklik. Kinders leer om in rye te staan, by ’n tafel te sit, om te deel en om ander te respekteer.”

Kleuterland sien om na babas vanaf 3 maande tot en met 5-jarige kinders wat gereed is om na graad RR te gaan. Daar is ook nasorg. Kleuterland is geregistreer en verskeie departemente besoek die skool op ’n gereelde basis.

Kleuterland makietie

Ter viering van Kleuterland se 40ste jaar word ’n konsert op 22 Februarie by NGK Eendrag gehou; 23 Februarie: 09:00 optog vanaf Despatch Superspar; 10:00 mini-basaar by skool; 18:00 bring-en-braai & dans. Sondag, 24 Februarie word ’n gedenkdiens om 09:00 by NGK Eendrag gehou met ’n piekniek na afloop van die diens by die kerkgronde.

Om ’n stalletjie by die mini-basaar op te stel bel Maureen by 082 852 1126.

  • Navrae: Kleuterland Bewaarskool, Smithstraat 20, Despatch, 041 933 5119.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.