Liefde vir agterpootlose hond

2019-02-14 06:01
=Footless die 9 maande oue Labrador-Pitbull-kruising sonder agterpote, het ’n tweede kans op lewe gekry saam met Maxine Slingers en Neil Hansen van Despatch.              Foto: HEILIE COMBRINCK

=Footless die 9 maande oue Labrador-Pitbull-kruising sonder agterpote, het ’n tweede kans op lewe gekry saam met Maxine Slingers en Neil Hansen van Despatch. Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIT was liefde met die eerste oogopslag ... nou kruip Footless elke dag, pens en pootjies, net nog dieper in die harte in van Maxine Slingers en Neil Hansen.

Footless het nie agterpote nie en daar is aanbeveel dat die hondjie eerder uitgesit moet word. Maar Maxine en Neil het hom te lief gekry. Hulle het besluit Footless verdien ’n goeie lewe!

Dié 9 maande oue Labrador-Pitbull-kruising kom al die pad van Johannesburg waar sy ma, terwyl sy hoog dragtig was, langs ’n besige snelweg gered is.

“Neil se pa het haar langs die snelweg opgetel. Sommer die volgende dag het sy geboorte gegee aan vyf hondjies,” sê Maxine terwyl Footless styf teen haar sit.

Dié kroos het hondjie vir hondjie blyplek gekry, maar nie die kleintjie met die stompie-bene wat bly wegkruip het nie

“Ons het in Johannesburg gaan kuier en toe ek hoor van die hondjie met sy stompie agterbene, het dit my hart gebreek. Ek het net daar besluit hy gaan saam met ons terug Despatch toe.”

Maxine het besluit om hom Footless te noem, na aanleiding van Toothless in die fliek How to Train Your Dragon.

“Niemand weet wat het gebeur dat sy poot-jies af is nie. Ons was by drie veeartse en al drie sê dit is onmoontlik dat hy so gebore is. Waarskynlik kon sy ma, na geboorte, die pootjies saam met die naelstring afgekou het. Of dalk was dit ’n rot wat sy pootjies afgekou het?” sê Maxine.

As klein hondjie het Maxine-hulle vir Footless spesiale honde-skoentjies met rubbersole aangetrek soday hy nie op sy stompies gly nie. Deesdae hol Footless sonder enige beskerming op sy twee stomp agterbene rond.

“Die een been het al ’n eelt of kussing gevorm waarop hy trap, maar die ander been is stomp af. Dit is dié been waaroor ons bekommerd is, want ons kan sien hy kry seer wanneer hy daarop trap.”

Veeartse stel voor dat Footless prosteses kry wanneer hy volgroeid is.

Neil sê hulle hou Footless dop “en op hierdie stadium het hy baie goed aangepas met sy gebrek.

“Ons was aanvanklik baie beskermend teenoor hom, maar hy is so happy. Wanneer hy volgroeid is en ons sien dat sy stompies te seer raak, sal ons definitief vir hom prosteses kry.”

Elke hond kry sy dag en dié lewenslustige Footless gaan voluit vir die tweede kans wat Maxine en Neil vir hom gegee het.

Hy is gek oor water en sy stompies hou hom glad nie terug om saam met ander honde te speel nie.

Maxine is ’n diereliefhebber en buiten Footless is daar ook ’n papegaai, kuikens, ’n konyn, skaaphond en klein Yorkie. Sy help ook graag waar sy kan by die Uitenhage dierebeskermingsvereniging.

Footless het sy eie Facebook - Footless’ Journey waarop Maxine sy lewensverhaal vertel. Daar is baie fotos en beeldmateriaal van Footless se woelige tweede kans wat hy in die lewe gekry het!

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.