Listeriose: ‘Oppas vir sekere soorte suiwel’

2017-12-21 06:00

DIE uitvoerende hoof van ’n Oos-Kaapse suiwelproduktemaatskappy het verbruikers gewaarsku dat daar bewyse is wat listeriose met suiwelprodukte verbind.

Pierre van Rensburg, uitvoerende hoof van die Sundale-melkery (met vrylopende beeste) in Oos-Londen, sê die algemeenste kossoorte waar die bakterieë voorkom, is in melk wat nie gepasteuriseer is nie, sagte kase, vooraf gaargemaakte vleis en gerookte vis.

Listeriose het die laaste paar weke onder die vergrootglas ­gekom nadat 40 mense die jaar in die land aan die siekte dood is.

Die nasionale gesondheidslaboratoriumdiens (NHLS) het die dodetal bevestig en sê 592 gevalle is reeds aangemeld.

Die siekte word veroorsaak deur die bakterie bekend as Listeria monocytogenes wat in kossoorte voorkom. Listeriose kan koors, swakheid en diarree tot gevolg hê.

Volgens Van Rensburg is Sundale bekommerd oor die uitbreek van die siekte en probeer hulle die gemeenskap bewus maak van die gevare daarvan om suiwelprodukte te eet wat nie gepasteuriseer is nie.

“Maas is steeds ’n stapelvoedsel vir die grootste deel van die bevolking (in die provinsie) en talle verbruikers dink maas is slegs melk wat in die son gelaat is om suur te raak.

“Dít het egter grootliks tot die uitbreking van listeriosegevalle in die provinsie gelei, met dodelike nagevolge,” sê Van Rensburg.

Sizwe Kupelo, woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, sê die departement is bewus van 24 gevalle wat tussen Februarie en November deur laboratoriumtoetse in die Oos-Kaap bevestig is.

Volgens hom het ’n man van Blue Water Bay in September aan die siekte beswyk. “Hy is op 25 September in die St. George-hospitaal in Port Elizabeth opgeneem toe sy vrou op hom afgekom het nadat hy sy bewussyn verloor het.

Hy is die volgende dag dood. Hy het ook ander onderliggende siektes gehad.”

Kupelo sê in die tweede geval het ’n 69-jarige man sy dokter op 13 Oktober gaan spreek omdat hy griepsimptome ervaar het.

“Hy het griepmedisyne en ’n Voltaren-inspuiting gekry. Die volgende dag het hy egter begin braak en ’n verskriklike kopseer en ’n stywe nek gehad.

“Hy is by die Cuyler-hospitaal in Uitenhage opgeneem, waar sy bloed getrek is vir verdere toetse. Die diagnose was bakteriële meningitis veroorsaak deur die bakterie Listeria monocytogenes.” Kupelo sê die pasiënt is eers ’n maand later uit die hospitaal ontslaan.

Volgens ’n verslag deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes is dié siekte se simptome baie soos griepsimptome.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Senior Quantity Surveyor

Cape Town
Mass Staffing Projects
R500 000.00 - R700 000.00 Per Year

Audit Senior

Cape Town
Tumaini Consulting
R180 000.00 - R216 000.00 Per Year

C# Team Lead

Cape Town
Goldman Tech Resourcing
R300 000.00 - R480 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.