Man betaal seuns glo vir seks-gunsies

2019-05-30 06:00

’n 63-Jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy minderjarige seuns glo tussen R30 en R500 vir seksuele gunsies betaal het, het Vrydag sy eerste hofverskyning in die landdroshof op Uitenhage gemaak.

Die man is verlede Donderdag weens seksuele aanranding op Despatch in hegtenis geneem. Na verneem word, kan verdere aanklagte soos seksuele voorbereiding, moontlik later bygevoeg word.

Volgens sers. Majola Nkohli, ’n polisiewoordvoerder, hou die aanklagte verband met beweerde voorvalle wat tussen 2016 en 2019 met vyf seuns tussen die ouderdomme van 13 en 18 jaar gebeur het.

Die man se naam mag eers genoem word nadat hy in die hof gepleit het.

’n 13-jarige slagoffer se ma (34) wat op Despatch woon, het oënskynlik gehelp om die vermeende pedofiel te ontmasker.

Volgens dié ma het sy sowat ’n maand gelede tydens een oggend se Bybelstudie die gevoel gekry dat sy haar seun se selfoon moet naspeur.

“Dit is waar alles begin het. Op sy Whats-App was daar ’n kontak met ’n profielfoto van ’n man, veel ouer as my seun, en nie ’n familievriend of iemand wat ek ken nie.”

Die boodskappe wat tussen haar seun en die persoon gedeel is, het die ma yskoud gelaat.

“Die man het vir my seun gesê hy wil hom weer . . ., soos die aand in bosse. Hoe hy hom wil vashou . . .

“Die man het selfs aangebied dat my kind by hom kan intrek as ek, sy ma, hiervan uitvind.”

Die vrou se seun het aanvanklik enige verhouding met die man ontken. Sy het nogtans haar seun onmiddellik na ’n dokter geneem, asook die polisie en skool se berader benader.

Volgens haar het haar seun die afgelope paar weke oopgemaak teenoor die polisie en berader oor hoe die betrokke man orale seks met hom gepleeg het.

Die seun het blykbaar ook aangevoer dat hy R30 vir elke sessie betaal is.

Hy het ook beweer nóg seuns van Despatch word deur die man vir seksuele gunsies betaal.

Die aantygings van die 13-jarige seun het die polisie se ondersoek laat uitkring.

Minstens vyf seuns het glo reeds verklarings teen die man afgelê.

Nog ’n ma (37) van ’n 16-jarige seun erken sy wou nie aanvaar haar seun is by dié dade ingetrek nie, maar sê haar seun se gedrag het sedert verlede jaar handomkeer verander.

“My seun se houding het verander, hy het skielik begin rook, drink en sommer vir ’n ruk uit die huis getrek.

“Ek het van geen sout of water geweet nie – ek het alles eers onlangs by die polisiekantoor gehoor toe die speurder my seun vir ondervraging kom haal. Ek wou dit nie glo nie. Ek kon dit nie glo nie, hoe kan dit met my seun gebeur?”

Haar seun is blykbaar R100 vir orale seks betaal.

Die ma vermoed haar seun het met die gunsies voortgegaan om sakgeld te kry, aangesien sy ’n enkelouer is wat nie haar kinders met luukshede kan bederf nie. “Ek kan nie vir my kinders alles gee wat hulle wil hê nie. Ek kan dit eenvoudig nie bekostig nie.

“Dit is hartverskeurend om te dink so iets gebeur met jou kind en dit alles vir geld. Ek is net dankbaar die man is nou agter tralies, want ons as ouers moet saam staan om ons almal se kinders te beskerm.”

Die saak is tot Vrydag, 31 Mei uitgestel.

Die man bly in aanhouding.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Audit Senior / Bookkeeper to Trial Balance

Cape Town Southern Suburbs
Placement Point (Pty) Ltd
R15 000.00 - R21 000.00 Per Month

Sales Representative- Knysna

George - Knysna
George Employment Consultants
R15 000.00 Per Month Per Month

Key Accounts - IT

Bellville
Southern Shore Recruitment
R15 000.00 - R25 000.00 Per Month

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.