Manne se kruistog - ‘meer trane as sweet op teerpad’

2016-06-16 06:00
=Pastoor Marius Swanepoel (agter) en Heinrich Basson by die houtkruis.  Foto: HEILIE COMBRINCK

=Pastoor Marius Swanepoel (agter) en Heinrich Basson by die houtkruis. Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Dit vra meer as fisiese fiksheid om ’n houtkruis - van 2.3 meter lank en 21kg oor ’n afstand van sowat 20km te dra. Jy moet ook geestelik “fiks” wees vir dié uitdaging.

’n Groep van 10 mans het vroeër vanjaar ’n ses-dag tog aangepak vanaf Uitenhage na Middelburg. Stappare het op ’n aflosbasis die kruis, wat ’n wiel aan die onderkant het, te trek of stoot. Dié kruistog staan bekend as die 352 Walk for Jesus, wat aangepak is op pad na die Mighty Men konferensie.

“Die roete van ons eerste kruistog was oor ’n afstand van 352 kilometer. Dit was taai, maar ’n lewensveranderende ervaring,” sê Heinrich Basson, een van die deelnemers en wie die kruis gemaak het.

“Die motief van die kruistog was om verby die mens te kyk wat dra, en te dink aan die offer wat vir jou op die kruis gemaak is,” sê Basson.

Hy vertel dat die spanne soggens om 04:00 begin stap het en dan so skuins voor 18:00 ge-stop het.

“Elke dag op die pad was vol seëninge. Die gebeure was amper onwerklik. Maar dit is hoe die Here werk,” sê Basson.

Party mense het die kruis getrek en ander het dit gemakliker gevind om dit te stoot. Deelnemers het daagliks ’n lys van gebedsversoeke gekry, so daar is al die pad geloop en bid terwyl die kruis voortbeweeg.

“Dit is mos stil daar in die Karoo-vlaktes. Daar gaan ’n gebed sommer reguit Hemel toe,” sê Basson.

Pastoor Swanepoel van VEK Ebenhaezer, die gemeente wat die kruistog aangepak het, sê dit is ironies dat indien hulle sonder die kruis sou stap, verbygangers heel waarskynlik sou dink die manne se motor het iewers gaan staan.

“Maar die kruis het mense vir ’n ander rede laat stop. Mense het gestop en gevra of hulle die kruis kan help dra. Daar was selfs ’n vrou wat aangedring het om ook met die kruis te stap. Haar man het later gesê ‘kom vrou, dit is nou genoeg, ons moet nou aan-gaan,’ maar sy het bly loop.

“’n Egpaar wat op pad was om hul oorlede seun se as elders te gaan strooi het gestop en met ons gesels. Daar het meer trane as sweet op die pad geval,” sê Pastoor Swanepoel.

’n Paar kruistogte word beplan as uitreikprojekte. Twee van die roetes is onderskeidelik na Despatch en Jeffreysbaai.

Die span van 352 Walk for Jesus bedank al die besighede en individue wat die kruistog finansieël sowel as spiritueel ondersteun het.

“Dankie ook aan almal wat langs die pad gestop het om ons te ondersteun, hetsy met die dra van die kruis of finansiële bydraes,” sê Pastoor Swanepoel.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.