Matriekafskeid toe in reuse ‘lorrie’

2016-08-25 06:00
=Die Thirion drieling Danielle, Nicole en Angelique saam met Martin van Zummeren by sy Western Star waarmee hulle verlede Vrydag na Brandwag se matriekafskeid gery het.                                                               Foto: Danielle du plessis

=Die Thirion drieling Danielle, Nicole en Angelique saam met Martin van Zummeren by sy Western Star waarmee hulle verlede Vrydag na Brandwag se matriekafskeid gery het. Foto: Danielle du plessis

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Meisiekind het net een matriekafskeid en dit sorg vir ure se dagdromery want dit is mos ’n groot affêre. En wanneer ’n pa drie meisie-kinders in matriek het, dán moet ’n man nou groot gaan!

Die Thirion-drieling van Uitenhage het hulle pa nie gespaar nie en reeds 2 jaar gelede gesê hulle wil met ’n lorrie by Brandwag se matriekafskeid opdaag.

“Nou kyk, my meisiekinders vrek oor lorries. So, ek het tóé sommer al begin soek, want ek wil nou wraggies ook nie hê hulle moet in iets ry wat lyk soos ’n tiep-lorrie nie,” sê Rudi Thirion, pa van dié veelsydige drie-ling-meisiekinders.

Verlede jaar was die Thirions in Oos Londen waar die drieling aan ’n netbaltoernooi deelgeneem het. Daar het hulle per toe-val by Border Towing & Recovery verby gery waar Rudi lorries gesien het wat hy geweet het sy meisiekinders na hulle asems sou laat snak.

“Man, daar staan nou vir jou mooi goed. Dit is soos ’n vertoonlokaal en alles blink. ’n Mens kan sien dit is nie net daardie man se werk nie, dit is sy passie.”

Vroeër die jaar was die Thirions weer in Oos-London met netbal en toe het Rudi en sy vrou Lynette by Border Towing & Recovery ingedraai. Hulle het die eienaar, Martin van Zummeren, vertel van hulle dogters se matriekafskeid-tolorder.

“Martin vra toe of ek wil voel hoe die lorrie ry. Ek sê toe nee dankie, want daardie ding is ver oor ’n miljoen werd. Wraggies vra hy toe vir Lynette of sy wil ry! Nou kyk, sy is ’n Van Helsdingen en ja wragtig daar klim sy agter die stuurwiel in. Sy het ’n swaarvoertuig-lisensie en ou maat daar ry sy met ’n smile oor tot oor!”

Verlede Vrydag het Van Zummeren al die pad van Oos-Londen af gery om die Thirion-drieling, uitgevat in hulle aandrokke én met hul metgeselle, in die spoggerige blink, geel en rooi Western Star 4900 ekstra-swaar tou-voertuig na hulle matriekafskeid te neem.

Dié touvoertuig is een van min in die land en word aangedryf deur ’n 15 liter Cummins Signature enjin met 18 outomatiese ratte en die krag van 620 perde onder die enjinkap.

Volgens Thirion vra ouens hier op Uitenhage enigiets tussen R1 000 tot R2 000 ’n aand om met ’n spoggerige motor by die matriekafskeid afgelaai te word.

“So bly ek Martin vra, asseblief laat weet ons wat dit gaan kos. Al wat hy sê is don’t worry. Nou kyk wat beteken don’t worry? Party ouens worry oor R5 en ander oor R5 miljoen, so oor wat moet ek nou worry? Intussen het ons drie karre op stand-by as ons nie die lorrie kan beskostig nie.”

Van Zummeren wou geen vergoeding ontvang nie.

“Hoe sê ’n mens dankie vir iemand soos Martin? Ek kry hoendervleis want hy het met daardie reuse stuk lorrie uit sy pad gegaan om my meisiekinders se matriekafskeid vir hulle onvergeetlik te maak.

“Sjoe, in vandag se tye is daar min mense met ’n hart vir omgee soos hy,” het Thirion gesê.

Die Thirion-drieling, Angelique, Danielle, Nicole en hul ouers Rudi en Lynette Thirion sê dankie aan Martin van Zummeren van Border Towing and Recovery vir sy goedhartigheid om hul langverwagte droom te bewaarheid.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.