Meeste Despatch atlete nóg by Comrades

2019-06-13 06:00
Despatch Atletiekklub se lede wat vanjaar se opdraende Comrades Marathon voltooi het is (agter van links) JP Roux, Evan Labuscagne, Leon Weitsz, Helgard Potgieter en Jacques Barnard. Middel: Zwelethu Moloinyane, Lerenzo Francis, Lesley-Ann Bush, Mariska Olivier, Yvette Jonker, Stephen Phillipson, Henry Crause en Eugene van Rooyen. Voor is Elzabe Phillipson, Noleen Ambraal, Neevra Bellinghan en Anize Gerber.     Foto:VERSKAF

Despatch Atletiekklub se lede wat vanjaar se opdraende Comrades Marathon voltooi het is (agter van links) JP Roux, Evan Labuscagne, Leon Weitsz, Helgard Potgieter en Jacques Barnard. Middel: Zwelethu Moloinyane, Lerenzo Francis, Lesley-Ann Bush, Mariska Olivier, Yvette Jonker, Stephen Phillipson, Henry Crause en Eugene van Rooyen. Voor is Elzabe Phillipson, Noleen Ambraal, Neevra Bellinghan en Anize Gerber. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

18 Lede van Despatch Atletiekklub het vanjaar die Comrades Marathon, wat verlede Sondag gehou is, kafgedraf.

Dit is die meeste atlete nóg van dié klub wat aan ’n Comrades deelgeneem het.

Daar was sewe atlete wat vir die eerste keer die uitmergelende Comrades, wat vir die eerste keer in 1921 aangebied is, aangepak het. Al sewe het die sowat 87km opdraende roete voltooi en medaljes ontvang.

Eerste-keer-Comrades atlete

Dié eerste-keer-Comrades hardlopers was Mariska Olivier, Neevra Bellingan, Juanita Claassen, Evan Labuschagne, Zwelethu Moloinyane, JP Roux en Lerenzo Francis.

Back-to-back medaljes

Drie van die klub se atlete, Eugene van Rooyen, Anize Gerber en Elzabe Phillipson, het Back-to-back Comrades medaljes ontvang.

Dit beteken hulle het hulle eerste Comrades verlede jaar (2018) gedoen en hierdie jaar wéér die maraton suksesvol voltooi.

Yvette se 10de Comrades

Yvette Jonker het haar 10de Comrades in ‘n ry voltooi en so haar permanente nommer verdien.

Despatch Atletiekklub het die volgende medaljes gekry:

4 x Bill Rowan

(tussen 7 en 9 ure)

3 x Robert Mtshali (tussen 9 en 10 ure)

5 x Brons medaljes (tussen 10 en 11 ure)

6 x Vic Clapham (tussen 11 en 12 ure)

  • Despatch Atle-tiekklub bedank graag hulle borge, Paul Barnes van Despatch SuperSpar en Nico Eyre van Klinicare Despatch. ’n Groot dankie ook aan die gemeenskap en vriende van Despatch Atletiekklub wat die Bingo-aand, om fondse in te samel vir die vervoer- en verblyfkostes van die atlete, so goed ondersteun het.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.