Meisie stuit nie vir seldsame siekte

2017-10-19 06:01
=Monique Huyser is op 16 jaar met Guillain-Barre-sindroom gediagnoseer. Sy het Maandag met haar matriek-eindeksamen begin.      Fotos: KAREN PIENAAR

=Monique Huyser is op 16 jaar met Guillain-Barre-sindroom gediagnoseer. Sy het Maandag met haar matriek-eindeksamen begin. Fotos: KAREN PIENAAR

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Derduisende matrieks het Maandag met die laaste eksamen van hul skool-loopbaan begin. Vir een 19-jarige meisie in Hoërskool Brandwag sal dié eksamen egter iets wees wat sy net ’n paar jaar gelede geglo het, sy nooit sou kon bereik nie.

Monique Huyser was op 16 ’n entoesiastiese atleet wat aan landloop en atletiek deelgeneem het. Sy het graag in 800 meter, 200 meter en hekkies meegeding.

Sy onthou soos gister hoe sy op Saterdag 29 Junie 2014 lam en swak wakker geword het. Teen die volgende oggend het Monique gesukkel om asem te haal en moes dokters haar by ongevalle suurstof gee.

Min het sy daardie dag geweet hoe ingryp-end haar lewe sou verander. Sy is aanvanklik in die Provinsiale Hospitaal op Uitenhage opgeneem, maar dokters het vinnig vermoed wat fout was en haar na Livingstone Hospitaal oorgeplaas. Die dokters was reg: op 16 is Monique Huyser met die seldsame siekte Guillain-Barre-sindroom gediagnoseer. Pasiënte met dié siekte moet toesien hoe hul eie immuunstelsel hul senuweestelsel aanval wat veroorsaak dat hulle spiere verswak en verlam.

Kort nadat sy na Livingstone oorgeplaas is, moes ’n trageotomie gedoen word om Monique te help asemhaal.

Vra haar hoe lank sy in die hospitaal was en Monique kan presies antwoord: “’n 149 dae; ’n 132 daarvan op ’n ventilator.”

“Ek het, in dié tyd, twee keer opgehou asemhaal en terwyl ek daar was, het ek regtig nie gedink ek sou ooit weer kon skool toe gaan nie,” sê Monique.

Al hét mense haar moed probeer inpraat, het sy tydens haar lang hospitaalverblyf begin hoop verloor en gereeld snags gedroom dat sy sou doodgaan, soos van die ander pasiënte.

Monique het die begin van die tweede kwartaal in 2015 teruggekeer skool toe. Sy was afhanklik in ’n rolstoel en was in ’n nuwe jaargroep aangesien sy graad 10 moes voltooi.

“’n Mens voel soos ’n las. Jy kan nie goed vir jouself doen nie. Dit was ’n ander jaargroep en hulle het my nie soos mý maats geken nie.”

Met harde werk kon sy mettertyd die rolstoel vir krukke verruil en teen die einde van 2015 het sy graad 10 geslaag. Deesdae kan sy op haar eie loop, maar haar voetspiere reageer steeds nie heeltemal reg nie wat haar balans bemoeilik.

Sy kry ook ekstra tyd vir eksamenvrae-stelle omdat haar handspiere geaffekteer is. Sy het in die onlangse rekordeksamen ’n gemiddeld van 78% behaal en mik vir hoër punte in haar eindeksamen.

Sy dra ’n sweetpak en tekkies skool toe.

“Dis oor die skoolskoene. Ek kan net nie met hulle loop nie. Ek kan met niks behalwe tekkies loop nie. Dis só swaar. En ek was mal oor hoë hakke.”

Ten spye van haar dapperheid is leed maklik in haar oë te bespeur. Sy dink nie oor hoekom dit juis met haar moes gebeur het nie. Dis ’n vraag wat sy lankal agtergelaat het.

“Ek probeer fokus op wat ek wél het en om nié terug te kyk na hoe dit wás nie. Dit help my ook baie om te skryf oor hoe ek voel.”

Selfs met haar positiewe gesindheid vrees Monique steeds dat die siekte sal terugkeer.

Een van Monique se ideale is om met ’n rybewys ’n deel van haar onafhanklikheid te herwin. Die beenspiere en senuwees wat vir voetbeweging verantwoordelik is, skep egter steeds ’n probleem. Sy mag dalk ’n aangepaste motor nodig hê om haar droom te verwesenlik.

Monique hoop om later haarself as verpleegster of in ’n ander mediese rigting te bekwaam, maar volgende jaar gaan sy eers werk om geld vir studies te spaar.

Maar vir eers is haar gedagtes nou gefokus op haar eindeksamen.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.