Mesmoord: 3 aanvallers gesoek

2019-03-28 06:01
Duaene Truter (51), sy vrou, Esther (51) van die Dunbrody Estates-sitrusplaas in Kirkwood distrik. Duaene is Sondagaand dood nadat drie mans met messe hulle in die plaashuis oorrompel en aangeval het. Oos-KaapFoto: Verskaf

Duaene Truter (51), sy vrou, Esther (51) van die Dunbrody Estates-sitrusplaas in Kirkwood distrik. Duaene is Sondagaand dood nadat drie mans met messe hulle in die plaashuis oorrompel en aangeval het. Oos-KaapFoto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die soektog na drie plaasaanvallers wat vir die moord op ’n Oos-Kaapse man van die Kirkwood-distrik verantwoordelik is, het teen Dinsdagmiddag nog voortgeduur.

Duaene Truter (51) is Sondagaand op die Dunbrody Estates-sitrusplaas, ongeveer 15 km buite Kirkwood, verskeie kere met ’n mes in die rug en sy gesteek. Hy is later die aand in ’n plaaslike hospitaal dood verklaar.

Truter, ’n plaasbestuurder vir die sitrusverpakkingsaanleg Unifrutti, het Sondag omstreeks 19:05 saam met sy vrou, Esther (51), en hul seun, Dean (18), televisie gekyk toe drie mans met klapmusse aan deur ’n oop deur die plaashuis ingekom het.

Volgens Deon Joubert, Unifrutti se areabestuurder, het Esther gesê die drie mans was met messe gewapen.

Sonder om ’n woord te sê het die drie mans glo op Truter afgestorm en hom met die messe probeer steek, maar hy het betyds opgespring om te kan terugbaklei.

Truter en Dean het items naby hulle gegryp en na die aanvallers gegooi om hulle uit die huis te probeer verdryf, en het daarna met een van die mans in ’n struweling op die stoep betrokke geraak. Die ander twee aanvallers, wat reeds ’n ent weg was, het teruggekom en Truter twee keer in die rug en een keer in die sy gesteek.

Volgens Joubert het Dean sy pa by die huis ingehelp en die skuifdeur van die huis agter hom gesluit. Die aanvallers het ’n swaar voorwerp deur skuifdeur gegooi. Hoewel die ruit gebreek het, het die drie mans nie weer die huis binnegekom nie en op die vlug geslaan.

Tot dusver kom dit voor of niks tydens die aanval gebuit is nie.

Joubert sê vir hom is dit duidelik die aanval op Truter was nie ’n huisrooftog wat skeefgeloop het nie. “Dit was ’n blatante aanval om iemand dood te maak. Dié is mense wat met lang messe opdaag, niks sê nie en direk vir ’n persoon mik.”

Joubert sê die aanvallers het ongetwyfeld geweet die Truter-gesin is tuis en indien hulle iets wou roof, was daar al baie kans om in te breek wanneer die gesin nie tuis is nie.

Intussen het Karen Smith, die DA se koukusleier in die Sondagsriviervallei-munisipaliteit, ook die party se skok oor die voorval uitgespreek. “Dit is ’n tragiese voorval. Misdaad is besig om buite beheer te raak en dit is tyd dat eenhede vir landelike veiligheid weer op die been gebring word. Nie net vir die veiligheid van die boere nie, maar ook vir plaaswerkers.”

Ook Alfonso van Niekerk, voorsitter vir landelike veiligheid by Agri Oos-Kaap, het in ’n verklaring hul medelye aan Truter se familie en vriende oorgedra.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê ’n taakspan met lede van verskeie gespesialiseerde eenhede is saamgestel om na die drie aanvallers te soek.

’n Saak van moord en huisroof word ondersoek.

  • Enigeen met inligting oor die verdagtes kan ao. Morné van Tonder by 082 441 7738 bel.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.