Metro gebruik wéér te veel water

2016-08-18 06:00

Die vorige waterjaar is skaars verby, of die Nelson Mandelabaai-metro oorskry glo reeds weer sy kwota uit die Gamtoosstreek se opgaardamme.

Pierre Joubert, hoof uit- voerende beampte van die Gamtoos-besproeiingsraad, kla dat die metro gedurende die vorige waterjaar, wat op 30 Junie 2016 geëindig het, hul jaarlikse kwota met 35% oorskry het.

Dié water is hoofsaaklik vir die landboubedryf bedoel.

In die vorige waterjaar het die metro óók sy kwota oorskry.

Hy is in Maart deur die provinsiale departement van water en sanitasie aangesê om waterbeperkings van 15% in te stel, maar het gevra dat dit heroorweeg word.

Johann Mettler, waarnemende stadsbestuurder, het aangevoer dat die metro se waterverbruik gestyg het weens onder meer die skuif van sowat 10 000 gesinne van informele na formele behuis-ing.

Volgens hom het dit tot ’n sewevoudige toename in waterverbruik gelei.

Die metro se belangrikste ­opgaardam is die Impofudam wat teen 1 Augustus 83,9% vol was.

Die metro onttrek onder meer ook water vanuit die Kougadam, wat verlede week volgens metings van die Gamtoos-besproeiingsraad op 67,2% gestaan het.

“Met die huidige droogte laat die metro talle boere bekommerd. As ’n boer sy kwota oorskry, kan hy maar vergeet van nóg water onttrek,” sê Joubert.
“Die mense in die stad dink daar is nog baie water. Die stad het uitgebrei, maar die hulpbronne en infrastruktuur nie. Nou is die Nooitgedacht-waterskema ook nog onvoltooid.”

Dié waterskema sal volgens die munisipaliteit die hoeveelheid skoon, behandelde water met tot 280 megaliter per dag vermeerder.

Totdat dit voltooi is, bly daar groot druk op die streek se damme.

Die departement van water en sanitasie waarsku dat die ergste deel van die droogte nog nie verby is nie, ondanks onlangse reënval.

Themba Khoza, ’n woordvoerder van die departement, sê sommige streke in die land het nog geen reën gehad nie.

“Die water in die meeste van ons riviere, damme en grondwaterbronne is aan die opraak, as dit nie al reeds droog is nie. Gemeenskappe moet hul kant bring en seker maak ons almal oorleef dié droogte.”

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.