Mini hokkie-afrigting begin op U’hage

2018-03-22 06:01

Mini hokkie-afrigting word vanaf April weer by die Uitenhage Hokkieklub aangebied vir kinders tussen die ouderdomme 6 en 13 jaar.

Peter Biljon is sedert 1994 bekend vir sy mini hokkie-afrigting en aangesien daar jaarliks ’n groot aanvraag daarvoor is kan slegs 100 spelers geakkommodeer word.

Die afrigting begin op 14 April en sal elke Saterdag tot 9 Junie aangebied word.

Afrigters en balle word voorsien vir elke groep, maar spelers moet hul eie hokkiestokke saambring en goeie tekkies dra.

Die registrasie om deel te wees van die afrigting is op 31 Maart en 7 April by die Uitenhage Hokkieklub tussen 09:00 en 12:00.

Inskrywingsvorms om deel te wees van die afrigting is by Brocketts Sports beskikbaar.

  • Vir meer inligting bel Peter Biljon by 083 463 7562.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.