‘Moenie dat ons kinders verlore gaan nie’

2016-03-24 06:00
: =Annelie van Rooyen, maatskaplike werker en assistentdirekteur by die MTR Smit-kinderoord in die Baai met een van “haar kinders”.                                         Foto: WERNER HILLS

: =Annelie van Rooyen, maatskaplike werker en assistentdirekteur by die MTR Smit-kinderoord in die Baai met een van “haar kinders”. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die getal pleegouers het oor die afgelope drie jaar drasties afgeneem.

Isabel Faurie, Helpende Hand se maatskap-like werker sê die meer as 570 000 pleegouers aan die einde van 2013 het tot 450 000 gedaal in 2016.

Solidariteit Helpende Hand het ’n spesiale platform bekendgestel om die tekort aan pleegouers die hoof te bied deur die proses vir potensiële pleegouers makliker te maak.

Potensiële pleegouers worstel met heelwat vrae oor pleegsorg en dit verhinder hulle om hulself as pleegouers beskikbaar te stel. Dit is een van die redes waarom Helpende Hand die platform www.pleegsorg.co.za geskep het waar hierdie vrae beantwoord kan word.

“Daar is veral in die Oos-Kaap ’n groot tekort aan pleegouers en gesinne wat hul wonings as plek van veiligheid in ’n krisis kan aanbied,” sê Faurie.

“In die Oos-Kaap het die getal pleegouers in die laaste paar jaar geweldig gedaal tot net oor 107 000 pleeg-ouers in een van die digs bevolkte provinsies in die land. Honderde kinders is op soek na ’n liefdevolle huis en voornemende pleegouers moenie bang wees om in te spring en ’n verskil te maak nie.”

Alhoewel Helpende Hand nie oor die statutêre magte beskik om kinders in pleegsorg te plaas nie, is hulle vanweë hul betrokkenheid by armoede onder wit mense bewus van gebreke in die stelsel.

Pleegsorg behels dat ’n kind by gekeurde pleegouers geplaas word nadat hy of sy deur die Kinderhof, ingevolge die Kinderwet, sorgbehoewend bevind is.

Redes vir die verwydering van kinders uit ouerlike sorg hou verband met onder meer fisieke, seksuele en/of emosionele mishandeling, fisieke en/of emosionele verwaarlosing, ernstige gesinskonflik en gesinsgeweld, alkohol- en dwelmmisbruik deur die ouers, en onstabiele maatskaplike funksionering.

Lede van die publiek wat belangstel om pleegouers te word, kan op die Pleegsorg- platform registreer en sodoende in aanraking gebring word met maatskaplike organisasies wat dringend op soek is na pleegouers.

Daar is ook ’n pleegsorgfonds wat aangewend word om kinders in pleegsorg se addisionele behoeftes, soos arbeidsterapie, spraakterapie en berading, te dek.

  • Indien u ’n verskil in ’n getraumatiseerde kind se lewe wil maak lees gerus meer by www.pleegsorg.co.za of SMS “pleegsorg” na 38969 om R10 vir Helpende Hand se pleegsorgfonds te skenk.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.