’n Anderste plek vir lekker saamkuier

2015-05-28 06:00

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Sjiek Shack is ’n kuierplek met ’n verskil.

Hier eet jy nie net heerlike tuisgebakte kosse nie, maar kan jou ook verlustig in die mooiheid van alternatiewe huisdekor, klere en serpe terwyl daar gesellig saamgekuier word.

Sakevroue Nadia en Marlise het hulle kreatiewe energieë saamgespan en The Sjiek Shack langs Algoaweg (oorkant VW se nuwe motor parkeerarea/ingang by UD Garden Centre) omgetower. Dié kuierplek word Saterdag amptelik ge-open en die publiek word uitgenooi om vanaf 08:00 saam te kuier.

Geskenke en gesellige saamkuier

Alles wat dié gedugte sakevrou-kombinasie doen, doen hulle in hart en siel en daarom het hulle ook hulle “Met Hart en Siel” geskenke-reeks uitgebring. Geskenke sluit in kralewerk, serpe, ’n klerereeks sowel as kinderklere en dan is daar ook interessante en alternatiewe huisdekor items, enig van ’n soort.

Dit was Nadia se pa, wyle Willie Taljaard, se droom om dié soort sink-kuierplek langs die kwekery in te rig. Sy ontydige dood het Nadia laat besluit om met trots The Sjiek Shack te open. Nadia en Marlise is bekend vir hulle heerlike kaaskoeke, biltong quiche en roosterkoeke. By Sjiek Shack, wat sitplek vir 40 gaste bied, word “Vintage High Teas” aangebied.

Die kuierplek is ook beskikbaar vir funksies op Saterdae in die middae en hulle voorsien in die spyseniering en dekor.

In die week is elke dag se spyskaart ’n verrassing. Om te sien wat die dag se spesialiteite is besoek hulle Facebook-blad by Met Hart en Siel Geskenk en Klerewinkel. Dié vroue sê nie sommer “nee” vir ’n funksie nie en maak ’n plan en pas aan om dit vir hulle kliente so gesellig en stylvol moontlik aan te bied.

Saterdae is ook roostekoek-dae wanneer bobaas-bakster Liza dié tradisionele lekkernye oor die kole by Sjiek Shack gaan rooster.

Sjiek Shack is weeksdae oop van 08:30 tot 14:00 en op Saterdae vanaf 08:00 tot 14:00.

Navrae: Nadia 071 683 2216

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham

Here are just ten of our favourite plus-sized models:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.