’n Internasionale bekroning:

2018-02-15 06:00

Jan Vermeulen se jeugroman Asem is pas deur IBBY (International Board on Books for Young People) as ereboek in die kategorie vir Afrikaanse jeugliteratuur aangewys.

Dít beteken Asem sal deel vorm van die internasionale erelyskatalogus wat tweejaarliks deur dié gesaghebbende kinderboekliggaam saamgestel word.

Toe Asem as wenner van LAPA Uitgewers se jeugromankompetisie vir 2015 aangewys is, het die beoordelaars dit beskryf as ’n aangrypende, eerlike grootwordverhaal oor verslawing en tweede kanse.

Van die belangrikste oorwegings wanneer die IBBY-erelys saamgestel word, is dat die boeke op die lys die beste van elke land se kinderliteratuur moet verteenwoordig, en dat dit geskik moet wees vir publikasie regoor die wêreld.

Die boeke op die lys vorm deel van rondreisende uitstallings wat by verskeie internasionale konferensies en literêre feeste te sien sal wees, en sal ook deel vorm van die permanente uitstallings van byvoorbeeld die Internasionale Jeugbiblioteek in München, Duitsland.

Miemie du Plessis, uitgewer: kinder- en jeugboeke van LAPA Uitgewers, sê Asem is werklik ’n unieke storie wat dié uitsonderlike eer dubbel en dwars verdien. “Daar was nog nooit so iets in Afrikaans nie – ’n boek wat die impak van ’n afwesige pa so brutaal eerlik aanspreek. En omdat dit so ’n wydverspreide probleem in Suid-Afrika is, is die boek honderd persent in die kol wat die tema en die uitvoering daarvan betref.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.