Nasionale Hok se duiweveiling eersdaags gehou

2019-10-03 06:01

DIE Nasionale Hok Oos-Kaap het hul finale duiwewedvlug vanaf Ladybrand oor ’n afstand van 545 kilometer gevlieg en vanjaar se wenduif is ingeskryf deur Uitenhage Homing Society, geteel deur Mario du Toit.

In die tweede plek, slegs vier sekondes na die wenner, was die duif van Charl Baard van Despatch. Dié twee wenduiwe is ook gekroon as die eerste en tweede algehele kampioen duiwe van die reeks oor ses wedvlugte. Du Toit en Baard is baie in hul skik met hul duiwe se prestasies.

Die jaarlikse veiling van duiwe wat aan die wedvlugte deelgeneem het, word op 26 Oktober gehou.

“Die duiwe het ‘n strawwe wedvlugseisoen gehad. Dié wat dit tot die einde toe gemaak het, behoort goeie teelduiwe uit te maak,” sê Hennie le Roux van Despatch Posduifklub .

Inname vir die 2020 seisoen het op 1 Oktober geopen en daar is goeie belangstelling.

“Nie-duiweboere is ook welkom om in te skryf. Die prysgeld hang af van die aantal inskrywings. Indien 90 spanne ingeskryf word, behoort die prysgeld R200 000 te wees,” sê Le Roux.

  • Belangstellendes kan Boertjie Nell by 083 709 2067 of Tien Jordaan 082 653 4119 bel vir die reëls en inskrywingvorms.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.