NMB hou nie woord om DBV te betaal

2018-12-20 06:00

ONDANKS vele beloftes dat die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Uitenhage teen verlede Vrydag deur die Nelson Mandelabaai-metro betaal sou word, hou die bestuur hul bankrekening nog hoopvol dop.

Die DBV in Uitenhage is einde Junie laas vir hul dienste deur die metro betaal, weens probleme met die hernuwing van die DBV se kontrak.

Mongameli Bobani, burgemeester, het verlede week gesê die DBV sal hul geld teen Vrydag (14 Desember) kry. Maar Deirdré Swift, voorsitter van die Uitenhage-DBV, sê sy het die DBV-rekening op haar bank-app dopgehou, maar geen geld is inbetaal nie.

“Ek het die bank gekontak, omdat ek verstaan dit kan soms ’n tyd neem om in ons bankrekening te wys, want die geld word van ’n ander bank oorgeplaas.”

Maar die bank kon ook nie vir Swift goeie nuus gee nie.

“Ons wag om te sien wat gebeur. Ek het al drie mense by die munisipaliteit gebel, maar nie een van hulle antwoord nie.”

Nie Bobani of Mthubanzi Mniki, munisipale woordvoerder, het verlede Vrydag op navrae gereageer nie. Volgens Swift behoort die DBV ongeveer R163 000 van die munisipaliteit te ontvang. Die geld sal hoofsaaklik vir salarisse van die DBV-personeel aangewend word. Danksy kosskenkings deur die publiek, skole en besighede is die kosvoorraad vir die honde en katte tans voldoende.

  • Vir ondersteuning aan die Uitenhage DBV bel Deirdre Swift by 083 415 5181 of 041 992 3016.

GOEIE NUUS: Woensdagoggend, 19 Desember, teen saktyd van die UD Express is berig ontvang dat die DBV sy betaling van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit ontvang het.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Most Read
News In Your Area
Top Lifestyle
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.