Noord-Suid rugby-kragmeting by DP

2019-03-14 06:00
=HTS Daniel Pienaar se onderwysers en rugbyspelers is reg vir die Noord-Suid Derby. Van links is Justin Benn, Abrie van Tonder, Moolman Olivier (toernooi direkteur), Sampie Marais (DP skoolhoof), Dawie Human en Ruaan Taljaard. Voor is Shemondrey Hannes (onderkaptein) en Marco Gouws (kaptein).                                         Foto:HELIE COMBRINCK

=HTS Daniel Pienaar se onderwysers en rugbyspelers is reg vir die Noord-Suid Derby. Van links is Justin Benn, Abrie van Tonder, Moolman Olivier (toernooi direkteur), Sampie Marais (DP skoolhoof), Dawie Human en Ruaan Taljaard. Voor is Shemondrey Hannes (onderkaptein) en Marco Gouws (kaptein). Foto:HELIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Noord-Suid Derby van skolerugby word vanjaar vir die eerste keer in die Oos-Kaap aangebied by HTS Daniel Pienaar op Uitenhage. ’n Totaal van 32 spanne gaan kragte meet in 48 wedstryde.

Agt skole, vier uit die noorde en vier uit die suide, gaan op 16, 18 en 20 Maart aan die derby deelneem. Die skole uit die noorde is Ben Vorster (Tzaneen/Limpopo), Marais Viljoen (Alberton/Lions), Hoërskool Middelburg (Pumas) en Transvalia (Vanderbijlpark/HTS Drostdy (Worcester/Boland), Nico Malan (Humansdorp/OP) en Strand (WP).

Wedstryde word gespeel in die o.14A, o.15A en o.16A afdelings sowel as die eerste spanne.

Die eerste dag se wedstryde (Saterdag, 16 Maart) sluit in die gashere, DP se Tiere, in hul openingswedstryd (ook hoofwedstryd) teen Marais Viljoen.

HTS Drostdy se “Donkies” pak Transvalia en beide dié spanne het verlede jaar onder die top 20 skolerugbyspanne in die land getel. Ben Vorster gaan op dag een kragte meet teen Nico Malan.

DP se Tiere gaan in die ander wedstryde teen Transvalia en Hoërskool Middelburg speel.

Volgens Moolman Olivier, toernooi-direkteur, gaan daar 16 wedstryde per dag gespeel word. Dit is die vierde en grootste Noord-Suid Derby met ’n totaal van 840 deelnemers.

“Almal speel om te wen, maar daar is nie ’n beker of Derby-wenner nie, want al die skole speel nie teen mekaar nie,” sê Olivier.

Wedstryde gaan op Livestream en You Tube wees en kan ook op grootskerm by DP gekyk word.

Elke kind wat deelneem gaan ’n Noord- Suid Derby-hemp ontvang, die noorde se hemde is rooi en die suide is blou.

Plaaslike borge wat die Noord-Suid Derby ondersteun sluit in: Peter Benn Motors, Buco, Symara, Motorvia, Crash Motors, Despatch Superspar, Klinicare, OK Mini Mark Uitenhage, Nedbank, Absa, Woodlands, Nissan EC, Levyvale Superspar, Levyvale Superspar DC, Wild Rapids Spur, Lynette@Law, Montego, DPM Quarries en Cutron Electrical.

’n Openingseremonie word môre-aand (15 Maart) gehou en besoekende skole gaan in die koshuise van DP, Strelitzia en Bergsig tuisgaan.

Saterdag (16 Maart) en Maandag (18 Maart) se wedstryde skop om 08:00 af en die laaste wedstryde begin 15:10. Woensdag (20 Maart) begin die wedstryde 07:00 en die laaste wedstryde is om 11:00.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.