Nuwe hoop vir Kirkwood werksoekers

2018-11-22 06:02
=Marissa Wilken (links agter) sosiale entrepreneur en fasiliteerder van Work 4 A Living saam met ’n groep werksoekers, wat een van die programme om werkgereed te wees, bygewoon het.  Foto:VERSKAF

=Marissa Wilken (links agter) sosiale entrepreneur en fasiliteerder van Work 4 A Living saam met ’n groep werksoekers, wat een van die programme om werkgereed te wees, bygewoon het. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

WERKSOEKERS sê dikwels daar is nie werk nie of hulle kry nie werk nie. Daarteenoor sê werkverskaffers hulle kry nie betroubare, eerlike werkers wat trots is op dit wat hulle doen nie.

Dit is hier waar Work 4 A Living intree en werksoekers bemagtig om werkgereed te wees. Die program se doel is om werksoekers te wys op die belangrikheid van werketiek, die regte besluite vir finansiële onafhanklikheid en om die “ek-is-werkloos-die-wêreld-skuld-my” sindroom af te skud.

“Dit gaan oor keuses, beginsels en waardes. Ons leer nie mense wat om te doen nie, maar gebruik scenarios uit hulle eie leefwêrelde om te verduidelik hoe anders hulle finansiële situasies kan wees,” sê Marissa Wilken, ’n sosiale entrepreneur en fasiliteerder van Work 4 A Living in Kirkwood.

Dié Work 4 A Living werkgereedheid-program is ’n nie-winsgewende organisasie wat vir die afgelope 12 jaar landswyd aangebied word.

Dit is in die proses om ook internasionaal aangebied te word met die fokus op karakterbou.

“Uit die 7 kandidate wat ’n vorige program op Kirkwood voltooi het, het 4 werk gekry en 2 het hulle eie klein besighede begin,” sê Marissa.

Die program van 13 dae sluit onder andere in hoe om ’n werk te soek, hoe om ’n werkonderhoud te hanteer en basiese werketiek. Daar word ook gefokus op hoe om jou geld te bestuur, ’n begroting op te stel en hoe om jou eie klein-besigheid te begin.

“Ons gee vir deelnemers aan die program R50 om ’n besigheid te begin.

“Die rekord was ’n groep wat binne twee weke R3 800 wins gemaak het,” sê Marissa.

Alle belangstellendes is welkom om die program by te woon. Die volgende program en laaste een van die jaar begin op Donderdag, 29 November en die koste is R100. Die program duur 13 dae en is ’n verreikende ervaring vir werksoekers.

  • Vir meer inligting bel Marissa Wilken by 074 510 5204 of e-pos work4alivingimpact@gmail.com
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.