Nuwe klub gee jong duiweboere vlerke

2019-07-25 06:01
=Die nuutgestigde duiweklub in Rosedale spog met ’n hele paar jong lede. Hier is van die bestuurslede en jong duiweboere. Van links is Ashwin Swartbooi (13), Ronald Hart (agter) die voorsitter van die klub, Pieter Toring (onder-voorsitter), Fiona Hart, Sergio Mazina (agter) en Shapiro Toring (12).                                   Foto: HEILIE COMBRINCK

=Die nuutgestigde duiweklub in Rosedale spog met ’n hele paar jong lede. Hier is van die bestuurslede en jong duiweboere. Van links is Ashwin Swartbooi (13), Ronald Hart (agter) die voorsitter van die klub, Pieter Toring (onder-voorsitter), Fiona Hart, Sergio Mazina (agter) en Shapiro Toring (12). Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VANJAAR se plaaslike duiwewedvlugseisoen spog met swerms duiwe van ’n nuwe klub, die eerste posduifklub ooit in die Rosedale en Gamble woonbuurte op Uitenhage.

Dié klub was die droom van Farouk Mohamed, wat vir jare ’n lid was van die destydse Goodyear duiweklub.

“Hy is ongelukkig oorlede, maar ons weet hy sou baie trots gewees het op hierdie klub. Veral omdat ons die enigste klub in die area is wat juniors inneem. Dit is iets wat hy nog altyd wou doen,” sê Ronald Hart, voorsitter van die Rosedale Gamble Racing Pigeon Club (RGPC) duiweklub.

“Daar is goeie duiwe in ons area en groot belangstelling in dié sport, veral onder die jonges. Ons jongste lid is 7-jaar oud.”

Die duiweklub se klubhuis is op hierdie stadium in Ronald se motorhuis in Geelhoutstraat 9.

“My vrou Fiona het so bietjie gewara-wara omdat haar kar nou buite moet slaap, maar sy ondersteun ons 100% en is saam met ons opgewonde oor wat ons hier begin het,” sê Ronald.

Duiwe hou jonges op goeie koers

Op wedvlugdae, as die duiwe begin sirkel en terugkom huistoe, raak dit besig voor die klubhuis in Geelhoutstraat.

“Die jonges is baie geïntereseerd in die duiwe en hulle kom kyk hoe dit werk,” sê Sergio Mazina, die sekretaris van die RGPC-klub.

“Ons wil juis met die duiwesport help om ’n positiewe invloed in ons gemeenskap te maak. Ons wil vir die jonges ’n sport bied waarop hulle hul energie kan fokus.

“Duiwe se versorging vra baie aandag. So, daar is nie tyd vir op stoepe rondhang en kwaaddoen-praatjies maak met verkeerde mense nie.”

Pieter Toring is die ondervoorsitter van die klub en vlieg sedert 1998 duiwe. Hy het jare gelede saam met oorlede Mohamed deelgeneem.

Duiwesport is ’n duur sport, maar die Suid-Afrikaanse Nasionale Posduif-organisasie het dit in sy reëls ingeskryf dat juniors vyf duiwe per wedvlug verniet mag vlieg.

Een van dié juniors wie se duiwe aan wedvlugte deelneem is Shapiro Toring (12). As wenprys vir ’n duiwetydskrif se storie-kompetisie het Shapiro twee paar spogduiwe ontvang. Vandaar het Shapiro sy hok begin opbou en nou is sy duiwe gedugte teenstaanders in die klub.

Mede-duiweboere se ondesteuning

Volgens Ronald het die klub goeie skenk-ings van plaaslike duiweboere sowel as van duiweboere in Pretoria en Bloemfontein ontvang.

“Robert Swanepoel van Pretoria het vir ons klub ’n elektroniese kloksisteem geskenk wat ons meer as R8 000 sou kos. Dit is die nuutste tegnologie in duiwesport,” sê Ronald.

“Dankie ook aan Brian Scheepers vir sy hulp, hy staan ons ongelooflik baie by. Ook aan oom Gert Nel vir al die trofeë wat hy aan ons klub geskenk het.”

Die klub hou gereeld fondsinsamelings en hulle bedank die gemeenskap vir hulle ondersteuning.

Volgens Ronald word die fondse aangewend om jong duiweboere te help en hulle touwys te maak oor die regte voeding, medisyne, sowel as die algemene versorging van duiwe en duiwehokke.

“Om met die duiwe te werk verg baie geduld en respek. Hoe jy jou duiwe hanteer en versorg is wat hulle motiveer om terug te kom huistoe,” sê Ronald.

  • Vir meer inligting oor die klub bel Fiona 061 645 6598 of Ronald 061 460 0313.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.