Nuwe kuier-era met Anibrand se konsert

2018-02-08 06:00
=Deon Groot tree vanjaar by die Anibrand Konsert op.Foto: VERSKAF

=Deon Groot tree vanjaar by die Anibrand Konsert op.Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

A

nibrand gáán vanjaar gebeur. Wel nie op ‘n feesterrein nie, maar in die Uitenhage Sportsentrum waar elf gewilde sangers oor die drie aande die dak gaan lig.

“Ons noem dit Anibrand Konsert, want daar gaan nie stalletjies en uitstallers wees soos by ‘n fees nie, net sangers wat optree,” sê Tossie van Loggerenberg, organiseerder van Anibrand.

“Konsertgangers is welkom om hulle eie piekniekmandjies te pak en eie drinkgoed saam te bring. Ek weet die mense hou daarvan, so dit gaan nogal bydra tot ‘n gesellige atmosfeer.”

Die Brandwag Hoërskool gaan ligte eetgoed en koeldrank verskaf en NGK Uitenhage-Noord gemeente gaan koffie en tee aanbied. Daar is geen kontantkroeg beskikbaar nie.

Die konsert word aangebied in samewerking met Nelson Mandelabaai Munisipaliteit en die vloerplan van die sportsentrum maak voorsiening vir sowat 800 mense.

Volgens Karen Basson, mede-organiseerder van die Anibrand Konsert, is daar ‘n opname gemaak oor watter kunstenaars die publiek graag wil sien.

“Touch of Class is baie gewild en daarom sluit hulle vir ons die program op ‘n hoë noot af. Uitenhagers hou ook van Ray Dylan want die dorp is mos sy “tweede huis,” sê Basson.

“Onder die jonger mark was Desmond Wells en Deon Groot die gewilde keuses vir sangers by die Anibrand Konsert.”

Die konsert skop af op Donderdagaand, 1 Maart met Andries Vermeulen. Die volgende aand is dit Deon Groot, Desmond Wells, Wicus vd Merwe en Ray Dylan.

“Saterdagaand kom Wynand & Chereé aan die beurt saam met Manie Jackson & Angel en Touch of Class.

Vrydagaand en Saterdagaand gaan konsertgangers verras word met ‘n gaskunstenaar wat tussen die kunstenaars gaan optree.

“Nog ‘n andersheid van die konsert is dat kunstenaars nie in spesifieke tydgleuwe gaan optree nie.

“Die aand moet gesien word as een vertoning wat om 19:00 begin en dit gaan bydra tot ‘n lekker kuier-atmosfeer, sê Van Loggerenberg.

Die Anibrand Konsert word van 1 tot 3 Maart gehou en deure maak daagliks 17:30 oop, vertonings begin 19:00 en duur tot laat. Konsertgangers kan op onbespreekte plekke, bespreekte plekke, binne die goue sirkel of by ‘n tafel van ses sit.

  • Vir meer inligting besoek www.anibrandfees.co.za of bel die feeskantoor by 076 654 4059 of Barklystraat Teater by 041 922 0575.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/Sport
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.