Nuwe praktyk fokus op voetprobleme

2016-09-15 06:00
=Ortotis André Grundling en sy vrou Zanelda, ’n borsprostese konsultant, in die praktyk se ontvangslokaal op Uitenhage. Fotos: HEILIE COMBRINCK

=Ortotis André Grundling en sy vrou Zanelda, ’n borsprostese konsultant, in die praktyk se ontvangslokaal op Uitenhage. Fotos: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

V

Voetprobleme kan die rede wees vir lae rugpyn, seer knieë, heupe of seer enkels.

Baie mense ervaar hierdie pyne, maar weet nie waar om vir hulp aan te klop nie.

Ortotis en protetis André Grundling het sy Baaise praktyk uitgebrei na Uitenhage, by Johnstraat 36, waar hy pasiënte met talle kwale en probleme kan bystaan

“Baie mense van Uitenhage het my praktyk in Port Elizabeth besoek, daarom het ek besluit om dieselfde dienste ook hier aan te bied,” sê André Grundling, wat spesialiseer in voetkondisies.

Pynvolle voete blyk ’n algemene verskynsel te wees, veral wanneer die voetbrug uitsak en dié toestand is hoofsaaklik as gevolg van alle-daagse slytasie.

Daar word gereken die gemiddelde mens gee tussen 8 000 en 10 000 treë per dag. Tog is voete dié liggaamsdeel wat klaarblyklik die meeste afgeskeep word. Voete is essensieël vir beweeglikheid, laat jou loop, staan, hardloop, huppel en dans.

“Daar is nog heeltemal te min studies oor voete gedoen. Die voet is só kompleks. Vir my is dit belangrik om nie die simptome te behandel nie, maar die oorsaak aan te spreek.”

Hy maak gebruik van die nuutste tegnologie om akurate diagnose te bepaal., en presiese drukpunte uit te wys sowel as die voet se rol, hakrotasie en ander bewegings.

Hierdie waarnemings kan driedimensio-neel geanaliseer word.

Grundling sê lank staan, verkeerde skoene, baie hardloop en selfs sekere oulike kinderskoentjies is nie noodwendig goed vir voete nie. Kaalvoetloop is iets wat hy ten sterkste aanmoedig, veral by kinders.

“Ek wil hê dié praktyk moet ’n welstand-sentrum wees. Dienslewering is my prioriteit, daarom bied ek ’n verskeidenheid rolstoele, looprame, skoene, borsprosteses, arthrituskouse en -handskoene, binnesole en ander items wat beweeglikheid bevorder.”

Grundling se vrou, Zanelda, is ’n opgeleide borsprostese konsultant wie pasiënte bystaan en adviseer met borsprostese na kankerdiagnose.

Vierpotiges ook hier gehelp

Grundling help nie net met mensevoete en -ledemate nie, hy het ook vir Sasha, ’n Husky-hond, stutte gemaak vir haar agterbene omdat haar kniegewrigte meegee. Nou hardloop sy in die park soos enige ander gelukkige vierpotige. So het hy ook die katjie, Jolie, gehelp nadat sy met gebreklike voorpootjies gebore is.

Daar is selfs ’n boek geskryf oor Jolie en Grundling se rol om haar van die katastrofe te red sodat sy katvoet deur die lewe kan gaan.

Ortotis vs voetheelkunde

Grundling werk nie met voetkwale soos kallusse, eelte, ingroeinaels en swaminfeksies nie. Daarvoor moet jy na ’n voetheelkundige gaan.

Grunding is ’n ortotis en protetis. In dié mediese veld help hy met voetprobleme en om mense weer normaal te laat funksioneer wanneer ’n ledemaat geamputeer is of wanneer ’n liggaamsdeel ondersteuning nodig het.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

5 scientific benefits of owning a cat

According to science, just the act of watching cats itself can bring about positive emotions – so it comes as no surprise then, that owning a cat has a number of benefits.

 

Paws

Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
How to clean your dog’s eyes
This special pooch inspired his brother to learn to stand again
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.