Nuwe seisoen vir Despatch-gemeente

2019-06-06 06:00
=AGS Lighuis Christelike Sentrum in Despatch het afgeskeid geneem van Pastoor Corrie Muller (naaslinks) en sy vrou Maryna (links) na 25 jaar diens. Die nuwe pastoorspaar is pastoor Morné Spies (naasregs) en sy vrou Chanel (regs).                            Foto:VERSKAF

=AGS Lighuis Christelike Sentrum in Despatch het afgeskeid geneem van Pastoor Corrie Muller (naaslinks) en sy vrou Maryna (links) na 25 jaar diens. Die nuwe pastoorspaar is pastoor Morné Spies (naasregs) en sy vrou Chanel (regs). Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die AGS Lighuis Christelike Sentrum in Despatch het Sondag, 2 Junie, ‘n nuwe pastoorspaar in hul midde verwelkom.

Pastoor Morné Spies en sy vrou, Chanel, is beroep om die leisels oor te neem by pastoor Corrie Muller en sy vrou, Maryna, wat vir 25 jaar hier die pastoorpaar was.

Die Muller-egpaar en hul drie kinders het tydens September 1993 in Despatch aangekom.

Hulle het nie net in die AGS-gemeente nie, maar ook in die gemeenskap ‘n groot verskil kom maak.

Hulle was wel bekend vir hul diensbaarheid, hul omgee en hul liefde vir almal. ‘n Groot hoogtepunt was die dag toe die gemeente se bouprojek, ‘n 500 sitplek auditorium, se deure geopen is in 1996.

Na ‘n leeftyd van diens en opoffering, het pastoor Muller emeriti status geneem en sal as mede-leraar tot Desember dien.

“Net soos in die natuur waar daar seisoene is, is daar in mense se lewens en in gemeentes ook seisoene. Seisoene verskil van mekaar, maar elkeen hou soveel van sy eie mooi,” sê Pastoor Spies.

Hy en Chanel is sedert 2012 mede-leiers van dié gemeente.

Pastoor Spies het by die AGS Teologiese Kollege en RAU in Auckland Park, Johannesburg gestudeer. Chanel is ’n bekende in sangbediening en het reeds drie geestelike albums uitgereik.

Hul is beide ook vryskutskrywers vir Carpe Diem Media se Finesse tydskrif.

“Ons het nie kennis oor die toekoms nie, ons weet nie watter draaie ons lewenspaaie inhou nie, maar ons weet wie saam met ons stap.

“Deur God se leiding en wysheid sal ons trots voorloop, met die wete ons loop nie alleen nie, die gemeente loop saam,” sê Pastoor Spies.

  • Alle belangstellendes word uitgenooi na pastoor Morné Spies se intreepreek Sondag, 9 Junie om 09:00 in die AGS Lighuis-kerk, De Langestraat, Despatch. - VERSLAGGEWER
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Audit Senior / Bookkeeper to Trial Balance

Cape Town Southern Suburbs
Placement Point (Pty) Ltd
R15 000.00 - R21 000.00 Per Month

Key Accounts - IT

Bellville
Southern Shore Recruitment
R15 000.00 - R25 000.00 Per Month

Sales Representative- Knysna

George - Knysna
George Employment Consultants
R15 000.00 Per Month Per Month

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.