Ombudsman bied ‘laaste uitweg’ vir belastingbetaler

2016-07-14 06:00
Adv. Eric Mkhawane

Adv. Eric Mkhawane

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die belastingseisoen kan vir enigeen ’n kopseer wees, maar vir dié wat in ’n stryd met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gewikkel is, is daar ’n “laaste uitweg”.

So sê adv. Eric Mkhawane, uitvoerende hoof van die nasionale belastingombudskantoor.

Dié kantoor, wat verbind is aan die openbare beskermer (OB), is in 2013 gevestig om as bemiddelaar op te tree en geskille tussen die SAID en belastingbetalers op te los.

“As iemand se griewe met die SAID nie opgelos kan word nie, tree ons in as die laaste uitweg,” sê Mkhawane. “Dit is ons plig om die belastingbetaler se regte te beskerm en te verseker dat die SAID sy pligte nakom.”

Die ombudskantoor is wel nie betrokke by hofsake nie, sê Mkhawane. “Dit is buite ons mandaat om by te staan as die belastingbetaler nie saamstem met die SAID se evaluering nie. Ons help wel met vertragings aan die SAID se kant of ander administratiewe probleme. Die SAID is ’n goeie organisasie, maar dit het steeds ’n menslike element en foute glip wel in. Dit is waar ons ondersoek instel en raad aan die belastingbetaler bied.”

Selfs net dié probleme hou hulle bedrywig. “In die eerste ses maande van ons bestaan het ons slegs 156 klagtes ontvang. In die laaste boekjaar het dié getal tot meer as 2 000 klagtes gestyg.”

Hoewel die kantoor in dié stadium slegs uit Pretoria werk, kan klagtes van oor die land heen by hulle ingedien word. “Van klaers word verwag om eers die probleem by die SAID aan te meld, maar as húlle dit nie kan oplos nie, kan hulle ons nader. In noodgevalle, soos klein ondernemings wat op hul belastingterugbetaling staatmaak om hul deure oop te hou, kan hulle direk na ons kom.”

  • Enigeen wat hulp benodig oor ’n geskil met die SAID kan die ombudskantoor bel by 0800 662 837 (tolvry) of www.taxombud.gov.za besoek.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.