‘Ongekende ramp wag op veeboere’

2018-01-11 06:00
=Francois du Toit, voorsitter van die Oos-Kaapse rooivleis produsenteorganisasie.

=Francois du Toit, voorsitter van die Oos-Kaapse rooivleis produsenteorganisasie.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Indien die Oos-Kaap nie genoeg reën in dié groeiseisoen kry nie gaan veeboere die komende winter ongekende ramptoestande beleef, sê Francois du Toit, voorsitter van die Oos-Kaapse rooivleis produsenteorganisasie.

Du Toit sê enorme getalle vrektes het reeds voorgekom in die meer as twee jaar dat die provinsie onder die kritieke droogte gebuk gaan.

“Jong, wat kan ek nou sê. Dis vrek warm en die diere kry swaar. Gelukkig waai die wind op plekke darem só dat die windpompe kan werk en sorg vir drinkwater.

“Al die oop waters is al opgedroog en dit gaan bars gaan as dit so aanhou.

“Sommige plekke wat al bietjie reën gehad het en waar die veld goed reageer het, se vog en die groenigheidjie word nou weggeskroei.”

In die veegebiede is die produsente se kontantvloei onder enorme druk.

Boere het reeds “seker ten minste 30%” van hul vee verkoop om te help met hul kontantvloeiprobleme.

“Voerpryse is steeds hoog en die reën bly weg. Pryse is wel hoog vir ons produk, maar jy het ook net soveel diere om te verkoop weens die droogte.

“Almal se besettingsyfers is af en daar het enorme vrektes voorgekom met dié natuurfratse.

“Dié vernietigende droogte het reeds minstens 160 000 stuks vee geëis, en nog vrektes word daagliks aangemeld in distrikte waar die situasie steeds benard is. Dié distrikte sluit onder meer in Jansenville, Willowmore, Aberdeen, en Klipplaat,” sê Du Toit.

“Weens die opeenvolgende droogtes is dit asof die diere net nie meer die krag het om te oorleef nie.

“Al wat ons nou kan doen, is om op ons knieë te gaan en ons te verootmoedig voor ons Vader.

“Indien ons nie genoeg reën in die groeiseisoen kry nie, gaan ons ongekende ramptoestande beleef dié winter,” meen hy.

Hierbenewens het ’n verdere ongeveer 80 000 skape en lammers gevrek weens die snerpende koue wat skielik begin Oktober verlede jaar toegeslaan het toe baie van die diere pas geskeer was.

Volgens weerwaarskuwings wat deur Hugh van Niekerk, streeksbestuurder van die Oos-Kaapse weerkantoor, uitgereik is, sal uiters warm en vogtige lug bydra tot baie ongemaklike toestande in die suidelike dele van die provinsie, terwyl die westelike gebiede uiters warm toestande sal ervaar – veral Joubertina, Addo, Jansenville, Patensie en Graaff-Reinet.

Van Niekerk het ook gewaarsku dat die gevaar van veldbrande baie groot is in veral die gebied van die Beyers Naudé- plaaslike munisipaliteit.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.